TWR bring hoop aan vroue in Tanzanië & Zanzibar
Sy woon in Zanzibar, ’n eilandgroep van Tanzanië wat in toerismebrosjures as ’n tropiese paradys beskryf word. Vir Paulina was dit allesbehalwe ’n paradys. Sy het in armoede op die Tanzaniese vasteland grootgeword en na Zanzibar verhuis om as huishulp te werk, in die hoop op ’n beter lewe...
Awakening South Africa loods nasionale 50-dae-gebedsgids in aanloop tot 2026 se...
Awakening South Africa, Prayer and Repentance Movement het die City Connect se 50 Dae van Gebedsgidse geloods en doen ʼn beroep op Christene, kerke, bedienings, gebedsgroepe en gemeenskappe regoor Suid-Afrika om te verenig in 50 dae van gefokusde gebed voor die plaaslike regeringsverkiesing van 2026...
’n Psalmsingende Kongres, op die lang pad na Plus Een vir...
Wat ’n besondere week van geloof en diensbaarheid. Ons het pas ons Psalmsingende Kongres 2026 afgesluit drie dae waarin 550 personeel en vrywilligers van Solidariteit Helpende Hand, uit al die provinsies regoor Suid-Afrika, bymekaargekom het. Dit was werklik ’n Psalmsingende Kongres, waar ons deur die drie dae telkens weer teruggekeer het na die Woord van God...
FEBA vier 80 jaar van wonders!
“God doen wêreldwyd wonderwerke.” Wanneer dr Jurie Vermeulen hierdie woorde sê, praat hy uit persoonlike ervaring. As direkteur van FEBA Radio SA en ondervoorsitter van die moederorganisasie, die Far East Broadcasting Company (FEBC), het hy self gesien wat die Evangelie kan doen. Dit is hierdie oortuiging wat FEBC al 80 jaar lank en FEBA Radio SA reeds 30 jaar lank dryf om hulle oorspronklike opdrag uit te voer: om Christus deur die media na die wêreld te bring...
AVODAH – ’n Jaar om jou roeping te ontdek en God...
AVODAH nooi jong gelowiges na ’n oorbruggingsjaar wat geloof, roeping en diens bymekaarvoeg. Die Hebreeuse woord avodah beteken gesamentlik werk, aanbidding en diens. Dit verskyn die eerste keer in Genesis 2:15 en openbaar God se oorspronklike ontwerp: Ons werk en aanbidding was nooit bedoel om van mekaar geskei te word nie, maar om saam verweef te wees tot een geïntegreerde lewenswyse...
Helpende Hand kies koers vir die volgende vier jaar
Meer as 500 personeel- en vrywilligerafgevaardigdes van Solidariteit Helpende Hand kom van 20 tot 22 Augustus in Pretoria byeen om die organisasie se agenda vir die volgende vier jaar te bepaal en ’n doelgerigte antwoord op Suid-Afrika se groeiende maatskaplike uitdagings te ontwikkel...
NWU Teologie: ‘n Fakulteit wat omgee
Ons was almal al daar. Matriek. Die laaste skooljaar wat eens so ver in die toekoms gelyk het, breek skielik aan en bring opgewondenheid, onsekerheid en talle vrae mee. Sal ek slaag? Watter beroep moet ek kies? Wat het God vir my lewe beplan? Vir baie graad 12-leerders voel die toekoms oorweldigend. Hulle staan op die drumpel van volwassenheid met drome, vrese en verwagtinge. In hierdie bepalende lewensfase het hulle meer as akademiese ondersteuning nodig – hulle het mense nodig wat in hulle glo...
Vaste geloof te midde van Venezuela se aardbewings
Hierdie is ’n verhaal van merkwaardige tydsberekening. Christ for all Nations (CfaN) het ’n groot dringendheid ervaar om te reageer op deure wat skielik in Venezuela oopgegaan het. Daarom bied hulle die afgelope twee jaar Fire Camps aan waar plaaslike, opkomende evangeliste opgelei word en bou hulle verhoudings met honderde plaaslike kerke. Hierdie werk is in opbou tot ’n groot CfaN-evangelieveldtog wat in Oktober vanjaar in Valencia gehou sal word. Die voorbereidings vir die veldtog is reeds in ’n gevorderde stadium...
Evangelisasie tydens Wêreldbeker deel die oorwinning deur Jesus
Terwyl ondersteuners op die wedstryde fokus, bring gelowiges die Evangelie van Christus na hierdie internasionale kampioenskap...
Hoe TWR se Christelike mediabediening Afrika se jeug bereik
TWR bring Biblica se Reach4Life-Bybelstudiekurrikulum deur Christelike radio na miljoene jongmense in Afrika. Sedert TWR aan die einde van 2023 ’n vennootskap met Biblica aangegaan het, saai die organisasie die dissipelskapprogram in Kenia, Mosambiek, Zambië, Malawi, Eswatini en Suid-Afrika uit in Engels, Kiswahili, Mosambiekse Portugees en isiZulu...
Mandela-dag-inisiatief herstel die sig van 67 mense in die landelike Oos-Kaap
Tydens Mandela-week het 67 mans en vroue uit die afgeleë dorpie Zithulele in die Oos-Kaap ’n lewensveranderende geskenk ontvang: hulle sig is herstel...
Sonder teenstand het Kanada die mees radikaal progressiewe land ter wêreld...
Baie Westerse lande neem al hoe meer radikaal liberale beleide aan, maar geen land het moontlik reeds verder in hierdie rigting beweeg as Amerika se noordelike buurland nie. Terwyl liberale beleide Westerse lande oorneem, is dit wat Kanada opvallend meer radikaal maak, die gebrek aan politieke stemme wat bereid is om daarteen standpunt in te neem...
Die dringendheid van Evangelisasie
Daar is ’n minder bekende, maar ongelooflike verhaal in 2 Konings 7. Ná Salomo se regering het Israel in twee koninkryke verdeel. Die noordelike koninkryk, Israel, het Samaria as hoofstad gehad, maar dit was ’n plek van afgodery en institusionele sonde...
Emseni Farming ontvang seӫn in die vorm van ‘n gesogte landbou-toekenning
Emseni Farming is aangewys as die wenner in die kategorie vir Landbou en Landbou-
verwerking tydens die onlangse 2026 KZN Top Besigheidstoekenning. Hiermee word nie net hul uitnemendheid in landbouproduksie en -verwerking erken nie, maar ook hultoewyding aan mense, gemeenskapsontwikkeling, voedselsekerheid en volhoubare groei. Die toekenning word jaarliks aangebied in samewerking met Standard bank, die Women of Africa Group, met East Coast Radio as ‘n mediavernnoot.
Adam Tas & Liezel Pieters span saam vir nuwe Voortrekker-Gedenklied
Twee van Suid-Afrika se geliefde sangers, Adam Tas en Liezel Pieters, het kragte saamgesnoer vir die vrystelling van ’n nuwe gedenklied wat die geskiedenis en toekoms van Die Voortrekkers vier...
Tienduisende hoor die Evangelie tydens Jesus-kruistog in Zambië
Take the Nations het onlangs ’n vyf dae lange Jesus-kruistog in Chipata, Zambië, aangebied waartydens duisende mense saamgekom het om die Evangelie van Jesus Christus te hoor. Volgens die bediening het die bywoning elke aand toegeneem totdat die veld op die laaste aand propvol was...
Ilán van Staden en Retief Burger snoer kragte saam vir lofprysing-treffer
Die veelbelowende kunstenaar Ilán van Staden en die gevestigde aanbiddingsleier Retief Burger kondig met trots hul nuutste samewerking aan. Die liedjie is ’n energieke geestelike lied wat luisteraars uitnooi om alle vrese neer te lê en bloot die grootheid van God te besing. Dit is ’n Boodskap van Krag en Oorwinning. Dit tref ’n kragtige balans tussen moderne passie en diepgegronde geloof...
’n Nuwe generasie tree na vore
Die afgelope naweek het duisende jong Suid-Afrikaners by ’n stampvol SuperSport Park-stadion vir Youth Fest 2026 bymekaargekom. Terwyl ek voor ’n see van energieke, passievolle en afwagtende jongmense gestaan het, kon ek nie anders as om te dink aan hoe dikwels ons nasionale gesprek oor die jeug deur statistieke, uitdagings en krisisse oorheers word nie. Ons hoor van werkloosheid, misdaad, dwelmmisbruik, geslagsgebaseerde geweld, geestesgesondheidsuitdagings, tekortkominge in die onderwys en ’n groeiende gevoel van hopeloosheid onder baie jongmense...
ICEJ bring nog 130 Franse Jode huis toe na Israel
’n Geoktrooieerde vlug met 130 Joodse gesinne aan boord het onlangs om 12:30 uit Parys vertrek en was onderweg na Tel Aviv. Die vlug, wat deur die International Christian Embassy Jerusalem (ICEJ) geborg is, is die jongste hoofstuk in ’n merkwaardige 16 jaar lange vennootskap met die Joodse Agentskap vir Israel...
Wanneer elke toestel ’n opsporingstoestel word
Daar was ’n tyd toe jy, wanneer jy die huis verlaat het, slegs ’n spoor agtergelaat het as iemand jou toevallig gesien het. Vandag kan jy, sonder om ooit aan jou foon te raak, ’n teksboodskap te stuur of ’n oproep te maak, reeds jou ligging aan tientalle nabygeleë sensors uitsaai...


























