Wednesday, August 12, 2026

‘Ons het ruimte toe gegaan … en God gevind’

Toe NASA die Artemis II-sending geloods het, het die wêreld met verwagting toegekyk. Dit was die eerste bemande reis om die maan in meer as 50 jaar – ’n historiese stap in die mensdom se terugkeer na die diep ruimte. Die sending self was tegnies, presies en jare lank beplan...

Verbonde in Christus – Die mooiheid en roeping van ware gemeenskap

God het ons nie geroep om Hom in isolasie te volg nie. Van die begin af het sy ontwerp nog altyd gemeenskap, verhouding en ’n plek om te behoort ingesluit. Die Kerk is nie bloot ’n gebou wat ons een keer ’n week besoek nie. Dit is die liggaam van Christus, saamgestel uit gelowiges wat mekaar nodig het...

Jou stem maak saak – en so ook jou stembrief!

Dit is geen geheim dat baie Suid-Afrikaners moeg is nie. Die teleurstellings was werklik. Beloftes is gemaak en verbreek, gemeenskappe wag steeds vir water en elektrisiteit en ’n generasie jong mense wonder of daar enigsins ’n toekoms vir hulle is. As jy hierdie frustrasie ervaar het, is jy nie alleen nie...

Waar werksyn kinders se toekoms vorm

Waar welstand fokus op wat ons doen – sorg, beskerming en ondersteuning – fokus werksyn op hoe ons dit doen. Dit vra dat ons ons gawes, tyd en kundigheid doelbewus in diens van ander stel. Werk word nie net ’n taak nie, maar deel van ons menswees. Om by te dra en te dien is deel van ons bestaansrede...

‘n Oproep tot waarheid, nie vervanging nie

Onlangs het ’n giftige onkruid onder gelowiges wortel geskiet. Dit word vermom as besorgdheid oor die onderdruktes, maar diep binne-in is dit verstrengel met ’n ou, gevaarlike dwaalleer wat vervangingsteologie genoem word...

Wat sê God oor goud?

Hou die ou gesegde “so goed soos goud” vandag nog stand? Om hierdie vraag te beantwoord is dit wys om terug te gaan na die heel eerste vermelding van goud in die mens se beskawing. Weet jy waar goud die eerste keer in die Bybel genoem word?...

Sal VVV’s jou geloof in God skud?

In Junie 2021 het die Amerikaanse Pentagon ’n verslag vrygestel oor voorheen geklassifiseerde waarnemings en video’s deur vegvlieëniers van vreemede vlieënde voorwerpe (VVV’s). Die verslag verwys na hierdie waarnemings as ongeïdentifiseerde lugverskynsels. Ten minste 140 waarnemings toon dat hierdie verskynsels werklik is, maar steeds onverklaarbaar bly...

5 maniere waarop Christus se Hemelvaart alles verander

Veertig dae ná sy opstanding is Jesus voor die oë van sy dissipels opgeneem en ’n wolk het Hom buite hulle sig weggeneem (Hand 1:9). Dit is ’n gebeurtenis waarvan baie gelowiges bewus is, maar wat hulle nie altyd diep oordink nie. Tog is die hemelvaart nie maar net ’n klein detail in die Evangelieverhaal nie. Dit is ’n magtige verklaring dat Christus wat opgestaan het uit die dood nou in heerlikheid regeer...

Keniaanse hof beslis: Aborsie is nie ’n grondwetlike reg nie

In ’n belangrike regsontwikkeling het die Keniaanse appèlhof ’n vorige uitspraak van die hooggeregshof omvergewerp wat aborsie as ’n fundamentele grondwetlike reg bevestig het...

The Kiffness – Christen. Man. Pa. Deeltydse musikant.

Ons daar om vir David Scott te ondersteun, die man agter die “Kiff”-persona – dieselfde man wat ’n maand tevore vir JUIG! Tydskrif op sosiale media standpunt ingeneem het toe ons teenstand ervaar het omdat ons vir Bybelse waardes opgestaan het. Ná die voorval het ek vir David gekontak omdat ek graag meer van sy storie wou hoor. Ons gesprek het my diep geraak en ek hoop jy geniet hierdie besonderse onderhoud...

4 Dinge om teen te waak in moeilike tye

Moeilike tye kom oor almal se pad. Dit is ’n fout om te dink dat Christene moeilike tye sal vryspring. Die Bybel waarsku ons juis dat beproewings deel van die gelowige se lewe is: “Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie” (1 Pet 4:12)...

Geopende Deure herdenk Vervolgingsondag

Die bedieningsorganisasie Geopende Deure Afrika hou sy jaarlikse byeenkoms om Vervolgingsondag te herdenk op 31 Mei 2026. Dié byeenkoms is daarop gemik om kerke en ander Christelike organisasies betrokke te kry om bewustheid oor die benarde situasie van vervolgde Christene te skep...

35 000 mense loof Jesus by Atlético Madrid-stadion tydens ‘The Change’

Madrid se Riyadh Air Metropolitano-stadion het Saterdag 2 Mei die The Change Madrid 2026-byeenkoms aangebied – ’n massiewe evangeliese Christelike geleentheid wat sowat 35 000 mense byeengebring het...

Britse evangeliese Christene ervaar toenemende teenkanting oor hul geloof ten spyte...

Sowat een uit elke drie evangeliese Christene in Brittanje sê hulle het vyandigheid ervaar weens hul geloofsoortuigings...

Ondergrondse Kerk in Iran floreer te midde van oorlog en gryp...

Ten spyte van die verwoesting en onsekerheid wat die voortdurende konflik in Iran meebring, is daar ’n merkwaardige geestelike beweging wat stilweg onder die oppervlak versnel. Christenleiers berig dat die ondergrondse Kerk in die land nie net standhou nie, maar selfs sterker word te midde van die chaos...

Die moed van ‘n moeder

Moedersdag is ’n kosbare oomblik van stilstand op die kalender. Kaartjies word geskryf. Blomme word gekoop. Restaurante is vol bespreek. En êrens, vermoed ek, glimlag die hemel, want wanneer ons opofferende liefde eer, weerspieël ons iets van God se hart...

Domino Servite Skool vier 40 jaar van uitstaande onderwys

Domino Servite Skool (DSS) het sy 40ste bestaansjaar op 3 Mei 2026 gevier en vier dekades van toegewyde diens aan onderwys, karaktervorming en gemeenskapsontwikkeling herdenk...

Bid vir vrede in Kambodja

Op 6 Maart 2026 het meer as 3 000 Christene uit Kambodja by die “Art for Peace”-muurskildery in Phnom Penh bymekaargekom. Hulle doel was om vir vrede in Kambodja en die res van die wêreld te bid...

Mosselbaai Mighty Men roep mans om op te staan by nuwe...

Die derde Mighty Men-konferensie vind van 8 tot 10 Mei in Mosselbaai plaas, en mans van regoor Suid-Afrika word aangemoedig om die datum oop te hou en te registreer vir ’n byeenkoms wat beloof om weer ’n lewensveranderende ervaring te wees...

Profetiese gebedspan ‘vernietig bose altaar’ en herdoop gevaarlike Oos-Kaapse pad

Op Vryheidsdag het voorbidders, koninklikes en tradisionele leiers van regoor Suid-Afrika aan ’n padlangs gebedsaksie in die Oos-Kaap deelgeneem in reaksie op ’n profetiese woord...