–deur Universal Musiek Suid-Afrika
Artikelbron: Verskaf
Twee van Suid-Afrika se geliefde sangers, Adam Tas en Liezel Pieters, het kragte saamgesnoer vir die vrystelling van ’n nuwe gedenklied wat die geskiedenis en toekoms van Die Voortrekkers vier.
Met lirieke wat diep gewortel is in tradisie, geloof en gemeenskap neem Rotsvas luisteraars op ’n reis deur die geskiedenis van die organisasie. Die lied begin by die stigting van Die Voortrekkers in 1931 en herinner aan die invloed wat die beweging reeds oor verskeie geslagte heen gehad het.
Die lied kyk egter nie net terug na die verlede nie. Dit beklemtoon ook die waardes waarop Die Voortrekkers steeds bou en die rol wat die organisasie speel om jongmense vir die toekoms toe te rus.
Adam en Liezel se stemme vul mekaar besonder goed aan in hierdie lied oor hoop, diensbaarheid, geloof en eenheid. Die kernboodskap is duidelik: om standvastig te bly in dit waarin jy glo en getrou voort te bou op die fondasie wat vorige geslagte gelê het.
Hierdie samewerking is meer as bloot ’n nuwe lied. Dit is ’n huldeblyk aan ’n organisasie wat reeds byna ’n eeu lank help om karakter te vorm, waardes oor te dra en die leiers van môre toe te rus.
Luister hier na Rotsvas: https://AdamTasLiezelPieters.lnk.to/Rotsvas
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Hoof foto en inhoud verskaf deur bron
Datum gepubliseer: 18/07/2026
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








