Geskryf deur Gerda Potgieter

Emseni Farming is aangewys as die wenner in die kategorie vir Landbou en Landbou-
verwerking tydens die onlangse 2026 KZN Top Besigheidstoekenning. Hiermee word nie net hul uitnemendheid in landbouproduksie en -verwerking erken nie, maar ook hultoewyding aan mense, gemeenskapsontwikkeling, voedselsekerheid en volhoubare groei. Die toekenning word jaarliks aangebied in samewerking met Standard bank, die Women of Africa Group, met East Coast Radio as ‘n mediavernnoot.

Emseni is geleë in die vrugbare middelandse streek van KwaZulu-Natal, naby Kranskop. Dit het ontwikkel tot ‘n florerende landbou-onderneming wat avokado’s, soetrissies en
suiwelprodukte vir plaaslike en internasionale markte produseer. Hul bedrywighede strek oor meer as 300 hektaar avokado-boorde en 14 hektaar gevorderde kweekhuisproduksie van soetrissies – benewens verskeie ander landbou-ondernemings. Emseni verskaf gehalteprodukte aan verbruikers regoor Suid-Afrika en in die buiteland.

Emseni boer met genade. Vir hulle beteken dit om met ‘n gesindheid van nederigheid, wysheid, eerlikheid en afhanklikheid van God die werk te doen waarvoro hul geroepe is. Dit beteken om ‘n goeie rentmeester van die grond te wees en te weet dat alles net ‘n gawe van God is.

Die kern van Emseni se verhaal is ‘n nalatenskap van diensbaarheid. Die maatskappy se wortels lê by die KwaSizabantu-sendingstasie, wat in 1970 gestig is deur eerwaarde Erlo Stegen, wie se lewe toegewy was aan die opheffing van mense en om hoop aan gemeenskappe te bring. Eerwaarde Stegen het die potensiaal van die streek se vrugbare grond, gunstige klimaat en oorvloedige waterbronne raakgesien
en landbou gevestig as ‘n manier om werk te skep, gemeenskapsinisiatiewe te ondersteun en die sending se werk volhoubaar te maak.

Wat begin het met ‘n visie om ander te dien, het gegroei tot ‘n onderneming wat nou werk
bied aan meer as 750 mense uit omliggende landelike gemeenskappe. Die maatstaf van Emseni se sukses strek egter veel verder as sy landerye en verpakkings-fasiliteite. Opbrengste uit die boerderybedrywighede help om die sending se uitgebreide uitreikaksies te ondersteun. Dit sluit in die voorsiening van drie gratis, voedsame maaltye per dag aan meer as 1 200 mense op die sending, die verspreiding van voedsel en water aan behoeftige gemeenskappe, verskeie uitreike en die ontvangs van duisende besoekers elke jaar vir geleenthede soos, onder andere, ‘n jeugkonferensie en ‘n konferensie vir geestelike leiers elke tweede jaar.

Gemeenskapsopheffing bly sentraal tot Emseni se doelwit. Deur middel van landbou-opleidingsprogramme, inisiatiewe vir die verspreiding van saailinge en gesubsidieerde vrugteboomprojekte, rus Emseni individue en gesinne toe met die kennis en hulpbronne wat nodig is om hul eie voedsel te verbou en ‘n volhoubare lewensbestaan te skep. In die eerste helfte van 2026 alleen is duisende bome aan plaaslike gemeenskappe en koöperasies beskikbaar gestel, met ondersteuning wat strek van leerders in verskeie skole tot opkomende boere.

Die toekenning vier ‘n onderneming wat gebou is op geloof, harde werk en ‘n opregte begeerte om ander te dien. Terwyl Emseni na die toekoms kyk, bly die onderneming daartoe verbind om nie net uitstekende produkte te kweek nie, maar ook geleenthede, hoop en ‘n blywende impak regoor KwaZulu-Natal te skep.


Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Hoof foto en inhoud verskaf deur bron
Datum gepubliseer: 24/07/2026

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here