– Artikelbron: Verskaf
Twee van Suid-Afrika se mees dinamiese en geliefde stemme in die gospel industrie het hande gevat vir ’n splinternuwe, loflied wat beloof om lofprysing in Suid-Afrika na nuwe hoogtes te neem.
Die veelbelowende kunstenaar Ilán van Staden en die gevestigde aanbiddingsleier Retief Burger kondig met trots hul nuutste samewerking aan. Die liedjie is ’n energieke geestelike lied wat luisteraars uitnooi om alle vrese neer te lê en bloot die grootheid van God te besing. Dit is ’n Boodskap van Krag en Oorwinning. Dit tref ’n kragtige balans tussen moderne passie en diepgegronde geloof.
Retief vertel: “Als wat lewe is gebore uit die woorde van Psalm 150:6: ‘Laat alles wat asem het die Here prys!’ Dit is ’n oproep dat elke mens wat asemhaal nie kan stilbly oor wie God is nie. Ons bestaan om sy Naam uit te roep, Hom met vreugde te aanbid en ander uit te nooi om saam die ware Koning te eer en te vier.”
Hierdie samewerking bring die beste van twee wêrelde bymekaar: Ilán se kenmerkende, energieke styl en Retief se jarelange ervaring as een van die land se voorste aanbiddingsleiers.
Ilán vertel: “As jy lug in jou longe het, beteken dit dat jy ’n rede het om vandag Jesus te loof en te prys. Hierdie liedjie is ’n uitnodiging om in eenheid saam te kom en ’n prysoffer aan God, Jesus en Heilige Gees te bring.”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Hoof foto verskaf deur bron
Datum gepubliseer: 16/07/2026
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








