Artikelbron: gbcghanaonline.com
Die Ghana Nasionale Vereniging van Skrywers en Uitgewers het om verskoning gevra vir ’n handboek wat sendelinge kritiseer. Die uitgewersvereniging het onder druk van ouers, onderwysers en die adjunkminister van onderwys erken dat hulle ’n fout begaan het.
In ’n skriftelike verklaring vra die vereniging “onvoorwaardelik verskoning” vir die negatiewe uitbeelding van die uitwerking wat Christen-sendelinge in die land gehad het.
Dit gaan alles oor die omstrede History of Ghana for Basic Schools, Learners Book 4. Die boek beskryf die negatiewe gevolge van die aankoms van sendelinge in die land. Volgens die boek sou die koms van Christenskap gelei het tot “’n toename in armoede, angs en passiwiteit in die verbetering van ’n mens se eie lewensomstandighede.”
Die boek het ook beweer dat godsdiens wêreldwyd ’n groot oorsaak van fisieke konflik is en dat baie godsdienste teen vroue diskrimineer. Daar word ook gesê dat politici godsdiens gebruik om onrus te saai en volgens die boek bied godsdiens “baie geleenthede vir bedrieërs”.
“Die punte wat in die boek gemaak word, is sienings of menings van die skrywer self oor die negatiewe uitwerking van Christen-sendelinge in Ghana. Ons aanvaar medeverantwoordelikheid vir hierdie fout omdat ons die inhoud aanvanklik goedgekeur het.
Ntim Fordjour, die adjunkminister van onderwys, het in ’n twiet van 25 Mei gesê hy is “onaangenaam verras” deur die boek. “Die inhoud is afgryslik en is ’n wanvoorstelling,” het Fordjour geskryf. “Ek ondersteun die NaCCA se vinnige optrede om die boeke te herroep … Dit is nie verniet dat Ghana die vreedsaamste land is nie en die belangrike plek van godsdiens kan dus nie ondermyn word nie.”
In Ghana is meer as 71% van die bevolking Christene. Sowat 20% is Moslem.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 07/06/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit pixabay.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.