Artikelbron: KSL.com
Bybels is uit 95 laerskole van die Davis-skooldistrik in Utah verwyder ná ’n klagte daaroor. ’n Komitee wat saamgestel is om te ondersoek of die inhoud van die Bybel geweld of seksueel gelaaide inhoud bevat, het beslis dat Bybels in die distrik se hoërskole onaangeraak gelaat kan word, berig KSL.com.
In reaksie op die komitee se uitspraak is appèl teen die uitspraak aangeteken. Dit beteken dat ‘n komitee die toepaslikheid van die Bybel in skole binne die distrik sal hersien. Die klaer wil ook hê dat die Bybel by alle sekondêre skole verbied moet word.
Die Utah-wetgewer het in 2022 ’n omstrede wet aangeneem, wat deur wetgewers beskryf is as “’n manier om inhoud wat as pornografies beskou word, uit biblioteke en klaskamers te verbied.”
Die wetsontwerp, gefasiliteer deur die Republikein Ken Ivory, definieer “sensitiewe materiaal” as onderrigmateriaal wat pornografies of onwelvoeglik is. Utah Parents United, ’n konserwatiewe groep wat ouers verteenwoordig, het sterk bepleit dat die wet destyds aanvaar word.
In die klagte om die Bybel van die skole in die distrik te verwyder, het die klaer die wet teen die konserwatiewe ouers gebruik. “Ek bedank die Utah Wetgewer en Utah Parents United vir hierdie ‘wantroueproses’ wat dit soveel makliker maak om kurrikulummateriaal van skole te verwyder. Jy hoef nie eers die boeke te lees of te bestudeer om dit by skole te verban nie! Tog het Utah Parents United het een van die mees seks-deurspekte boeke op skool onaangeraak gelaat: die Bybel,” het die inisieerder van die klagte teen die Bybel gesê.
Die klaer noem dan verskeie voorbeelde van seks, verkragting, prostitusie en bloedskande wat in die Bybel gevind word. “Dit voldoen beslis aan die definisie van ‘pornografies’. Verwyder hierdie pornografie uit ons skole! As die boeke wat intussen verwyder is aan hierdie kategorie behoort, dan val die Bybel beslis daarin,” het die klaer gesê.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 07/06/2023
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit pixabay.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.