Geskryf deur: VOM Suid-Afrika 
Artikelbron: www.persecutionsa.org 

Op 15 Augustus 2021 het die Taliban, ’n radikale Islamitiese militêre groep, beheer oor Afghanistan geneem. Die uitwerking in die klein Afghaanse Christen-gemeenskap was onmiddellik en ernstig.

“Dit was net soos in Handelinge, hoofstuk 8: “Daardie dag het daar ’n hewige vervolging van die gelowiges begin. Al die gelowiges behalwe die apostels is uitmekaar gejaag en verstrooi,” het werker op die voorste linie gesê.

“Talle eerste-generasie Afghaanse Christene het gevlug, maar baie dien Afghanistan steeds deur die media.”

Sommige Christene het in die land gebly “soos skape tussen wolwe,” sê die werker, wat weet van ten minste een Christen-Afghaan wat in ’n Taliban-tronk ly.

Die Taliban-heerskappy het gelei tot ’n gevoel van desperaatheid in die land: “Afgane bevind hulleself op ’n plek van verwarring en onbestendigheid. Talle van hulle keer die rug op Islam,” sê die werker en voeg by dat die aflaai van Christelike materiaal van verskeie Afghaanse taalwebwerwe aansienlik toegeneem het.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 07/06/2023
Foto: persecutionsa.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here