Geskryf deur:
Artikelbron: JUIG! Nuus

Ons het onlangs berig oor Melissa Swart wat deel uitmaak van die Akustika-koor en van haar droom om in Lucca Italië te gaan en te sing in die einste katedraal waar Puccini sy kerkmis geskryf het.

Sy kon toe saam met Akustika reis om deel te neem aan die Wêreldkoorkompetisie, Vox Lucensis Concorso Corale Internazionale (Talentvolle Christen-sanger en lid van Akustika se uitdaging).

Suid-Afrika kan inderdaad trots wees omdat Akustika, ’n koor van 38 lede, in Maart albei die kategorieë waarvoor hulle ingeskryf het, gewen het.

Die koor is ook genooi vir die Grand Prix (finaal van al die beste kore) en het toe die hele Vox Lucensis Concorso Corale Internazionale gewen,” vertel Melissa.

Van hierdie koor se vorige toekennings is onder meer:

  • Vyf goue medaljes by die Wêreldkoorspele, Tshwane, Suid-Afrika, 2018

  • Goue medalje by die Grand Prix of Nations, Maagdenburg, Duitsland in 2015

  • Publikum-toekenning by die Spittal an der Drau Internasionale Korale Kompetisie, Spittal, Oostenryk, 2012

  • Algehele wenners van die Concorso Corale Internazionale Riva del Garda- korale kompetisie, Riva del Garda, Italië, 2010

  • Koor van die Wêreld” as algehele wenners en die Pavarotti-trofee by die Llangollen Internasionale Musiek Eisteddfod, Wallis, VK, 2008.

Besoek gerus www.akustika.co.za vir meer inligting oor die koor.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 02/04/2024

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here