Artikelbron: Evangelical Focus
Die stroomplatform Netflix gaan ’n dokumentêr oor Moses bekendgestel, getiteld Testament: The Story of Moses, berig Evangelical Focus. Hierdie reeks van drie episodes vertel die volledige verhaal van Moses soos dit in die Bybel vertel word, van sy ontdekking in ’n mandjie deur Farao se dogter tot die tien plae en die uittog van die Israeliete uit Egipte.
Die episodes, elk sowat tagtig minute lank, is getiteld “The Prophet”, “The Plagues” en “The Promised Land”. Hulle “vertel van Moses se merkwaardige lewe as prins, profeet en meer,” kondig die stroomplatform aan. Die insigte van teoloë en historici word gebruik.
Die Engelse akteur Charles Dance verskaf die vertelling en die Israeliese akteur Avi Azulay vertolk die rol van Moses. Die rol van die farao word vertolk deur die akteur Mehmet Kurtuluş.
Die dokumentêr is gemaak deur Emre Şahin en Kelly McPherson van die Turks-Amerikaanse produksiemaatskappy Karga7 Productions. “Enigiemand wat as kind na ‘Die Tien Gebooie’ gekyk het, was reeds bewus van die epiese elemente van die verhaal. Wat ons aandag getrek het, was die misterie van Moses se innerlike lewe, sy worsteling met sy eie identiteit, sy selftwyfel en sy menswees,” merk Sahin en McPherson op.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 01/04/2024
Foto: evangelicalfocus.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.