Artikelbron: twr.org

TWR en die Jesus Film Project span kragte saam om die oudioweergawe van die Jesus-rolprent oor Paasfees uit te saai en teiken spesifieke mensegroepe en tale.

Sedert die rolprent in 1979 vervaardig is, is dit in meer as 2 100 tale vertaal en het dit tot meer as 600 miljoen besluite gelei om Christus te volg. Sowat 11% van kykers kom tot geloof in Christus nadat hulle na die rolprent gekyk het.

Hoewel die rolprent tipies op televisie en groot skerms vertoon word, is radio-uitsendings van kardinale belang in gebiede waar ander opsies nie beskikbaar is nie. Die oudioweergawe, bekend as The Story of Jesus, betrek luisteraars op ’n unieke manier deur verskillende sintuie in te span wat ’n mens nie noodwendig gebruik wanneer jy na die rolprent kyk nie. Hierdie Paasfees sal die uitsending in 11 tale in nege lande uitgesaai word, hetsy in volle 90-minute segment of korter 30- of 15-minute weergawes. Die liggings word weens veiligheidsredes vertroulik gehou.

Gelowiges word versoek om te bid vir die sukses van die uitsending, dat dit, luisteraars ongehinderd bereik en betrek en na Jesus toe lei. Die uiteindelike doel is eenvoudig: om Jesus na almal te neem.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 31/03/2024
Foto slegs ter illustrasie: commons.wikimedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here