Artikelbron: gatewaynews.co.za

JOY! Travel se direkteur, Jackie de Lange, was onder die groep van 14 lede van Suid-Afrikaanse Christelike, politieke en tradisionele leiers wat onlangs van ’n weeklange vredesending in Israel teruggekeer het. Hulle het tydens die besoek dit duidelik gemaak aan groepe met wie hulle ontmoet het, dat die Suid-Afrikaanse regering se anti-Israel-standpunt nie die sienings van die oorgrote meerderheid van Suid-Afrikaanse burgers weerspieël nie.

Die Christelike leier en prokureur, dr. Pearl Kupe, ‘n lid van die groep, het volgens die berig van Gateway News gesê ’n onlangse opname het getoon dat 79% van Suid-Afrikaners die Hamas-aanval op 7 Oktober as ’n ongeregverdigde terreurdaad beskou.

Die groep Christen-leiers is deur DiploAct, ’n Israelse organisasie wat anti-Semitisme teenstaan, South African Friends of Israel (SAFI) en die Suid-Afrikaanse tak van die Internasionale Christelike Ambassade Jerusalem (ICEJ) uitgenooi.

Tydens ‘n besoek aan die Knesset (Israeliese parlement) het Marie Sukers, ACDP-LP, gesê: “Namens die Suid-Afrikaanse mense vra ek Israel om vergifnis vir die stappe wat ons regering geneem het in verband met die eis by die Internasionale Geregshof.”

Ander lede van die groep was Christelike gemeenskapsleier Clive Mashish; president van #Hope4SA pastoor John Mathuhle; dr. Josias Moleele; pastoor Speedy Kisten; apostel Thando Mponeng; prinses Bhelekazi Mabandla; die direkteur van die ICEJ-SA, Vivienne Myburgh; SAFI woordvoerder Bafana Modise; pastoor Kim Muller; direkteur van SAFI en die SA Israel Kamer van Koophandel, Daniel Yakcobi, en Jackie de Lange van Joy! Magazine en Joy! Travel.

ACDP-LP Marie Sukers in Jerusalem saam met Hillel Neuer, die uitvoerende direkteur van UN Watch ’n dag voordat hy die Verenigde Nasies sou toespreek ter verdediging van Israel.

Die groep het onder meer ’n besoek aan ’n kibboets in Beit Zera gebring en na die Gasa-strook gereis vir ’n besoek aan die Nova-feesterrein, waar die bloedbad op 7 Oktober plaasgevind het. Honderde motors is aan die brand gesteek. Insittendes wat van die toneel probeer vlug het, is lewendig in hul motors verbrand. Ambulanspersoneel wat probeer help het, is in stryd met internasionale oorlogsregulasies geblokkeer en vermoor. “Die afvaardiging was sigbaar getraumatiseer deur die toneel,” berig Gateway News.


Van links: Dr. Pearl Kupe, Knesset-LP Efrat Rayton Marom en Bafana Modise

Hulle het ook eerstehandse getuienisse van oorlewendes van die aanval deur Hamas gehoor. Daar was ’n tyd van aanbidding by Sucat Hallel-gebedshuis in Jerusalem.

Volgens die berig het dr. Kupe die vredesending as volg opgesom: “Ons het nie as toeriste gegaan nie, maar as pelgrims. Ons het as Christene gegaan en ons het as getuies vertrek.”

Lees die volledige berig by gatewaynews.co.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 02/04/2024
Foto’s: Gateway News

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here