Geskryf deur: TWR SA
Artikelbron: Artikel verskaf
Binne enkele maande vier TWR ’n uiters merkwaardige mylpaal: die 50ste bestaansjaar sedert sy eerste uitsendings vanaf die Eswatini -senderterrein! Die beker loop behoorlik oor van dankbaarheid en TWR tel met opgewondenheid die dae af in afwagting van die groot feesvieringe.
TWR is wel in 1954 gestig, maar die bediening in Afrika het eers ’n aantal jare later gevolg. Op 1 November 1974 het die luggolwe behoorlik geknetter toe TWR se sein diep en wyd vanaf Eswatini uitgekring het. Dit was ’n oomblik gekenmerk deur, nie alleen die geboorte van ’n uitsaaistasie nie, maar ook die aanbreek van ’n nuwe era in die verkondiging van die boodskap van hoop en saligheid aan volke tot in die diepste uithoeke van Afrika.
Psalm 96:3 verwoord dit so goed: “Verklaar onder die nasies Sy eer, onder al die volke Sy wonders.” Vyf dekades lank is TWR-Afrika ’n kruik wat die heerlikheid van God na die uithoeke van die aarde uitdra. TWR is innig dankbaar vir hierdie besondere eer wat hom te beurt geval het en bly standvastig in sy God-gegewe roeping om die hele wêreld vir Christus deur media te bereik sodat blywende vrug voortgebring word.
“Ek maak graag van hierdie geleentheid gebruik om jou hartlik te bedank vir jou onmisbare rol in TWR se voortbestaan,” sê Marietjie Trollies, die bemarking en kommunikasiebestuurder van TWR SA. “Sommige van julle was dáár, reg van die begin af, sommige van julle het later by ons aangesluit en andere, meer onlangs. Julle gebede, gawes en vaardighede versterk ons in ons werk om verlorenes te bereik, vergetenes te bemoedig en dissipels tot eer van ons God te maak. Vir genoemde redes is elkeen van julle ons gekoesterde vennoot op hierdie gesamentlike reis van terugbeskouing waar ons God se getrouheid herdenk, en steeds uitsien na alles wat Hy vir ons in die vooruitsig stel.”
Volg TWR gerus op sy sosiale media-platforms en teken in op sy Izindaba e-nuusbrief om op hoogte te bly.
“Mag God ons seën en lei in ons gesamentlike strewe om Sy lig te laat skyn en die Goeie Nuus tot aan die uithoeke van die aarde te verkondig,” sluit Prollius af.
Besoek gerus twr.org
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 03/04/2024
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








