Geskryf deur: Keela Communications 
Artikelbron: Artikel verskaf 

Neville D, die Grammy-genomineerde liedjieskrywer, sanger en vervaardiger, het saamgespan met Victory4All om ’n aangrypende en opwindende vennootskap bekend te stel wat die vrystelling van “Groot Ja” die lig laat sien het. Dit is in, in samewerking met die organisasie sonder winsbejag se laerskoolkoor van King’s College gedoen. Die skool is in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap.

Neville D het ’n jaar gelede die Afrikaanse lied “Groot Ja” geskryf gedurende ‘’n moeilike tyd in sy lewe toe hy in homself getwyfel het. “Gedurende hierdie tyd het ek ’n duidelike boodskap van God ontvang om op te hou om in myself te twyfel; Hy het my herinner aan sy goedkeuring in my lewe. Hierdie openbaring het my die krag gegee om te glo dat al God se beloftes in Christus, ‘Ja’ is. Met dit in gedagte, is ek toe geïnspireer om die lied as ’n getuigskrif van God se getrouheid te skryf. Deur Hom sê ons ‘Amen’ tot die eer van God.”

In 2022 het Neville D Victory4All besoek en die organisasie se missie het hom diep geraak. Dit het hom gelei om in enige kapasiteit moontlik by die organisasie aan te sluit. Neville D en sy vrou en drie kinders, sal van Kaapstad na Jeffreysbaai verhuis om dit hulle nuwe tuiste te maak. Geëerd om die rol van musikale direkteur te aanvaar, sal hy sy vaardighede gebruik om die musikale talente van die talryke talentvolle kinders onder die sorg van Victory4All te bevorder.

Victory4All se projekte is gegrond op Bybelse beginsels. Ons glo dat die voorsiening van kwaliteitskoolonderrig in ’n veilige omgewing noodsaaklik is vir kinders om die siklus van armoede te breek, ” sê die stigter, Johan Vos. Sedert 2003 werk Victory4All onvermoeid om ’n blinker toekoms vir kinders in die Jeffrey’sbaai- en Humansdorp-gebiede te verseker. Uitdagings in die gebied sluit in armoede, mense wat honger ly, siekte, geweld, prostitusie, ’n gebrek aan voldoende behuising en sanitasie en wesies as gevolg van HIV/Vigs. Met die hulp van meer as 80 toegewyde plaaslike en internasionale personeel en vrywilligers, voorsien Victory4All uitsonderlike opvoeding aan meer as 650 kinders in ’n koesterende omgewing.

Neville D het heerlik met die leerders gewerk aangesien hy self reeds op ’n baie jong ouderdom begin sing het. “Die positiewe invloed op die volgende generasie is na aan my hart en dit is baie belangrik dat ons dit ernstig opneem. Jesus het in Matteus 19:14 gesê: ‘Laat die kindertjies na my toe kom en moet hul nie verhinder om na my toe te kom nie, want die koninkryk in die hemel is juis vir mense soos hulle.’ Die boodskap van hierdie lied is dat daar reeds ’n ’ ja’ op jou lewe is; jy het reeds die goedkeuring van God. Jy hoef nie daarvoor te werk nie. God het jou reeds voor die grondlegging van die aarde liefgehad en aanvaar.”

“Groot Ja” sal van vandag af (14 April) beskikbaar wees op alle groot digitale platforms Die amptelike musiekvideo sal op Neville D se YouTube-kanaal beskikbaar wees ‘www.youtube.com/@NevilleDMusicTV

Volg Neville D aanlyn:
YouTube: https://www.youtube.com/@NevilleDMusicTV
Facebook: https://www.facebook.com/NevilleDMusic
Instagram: https://www.instagram.com/nevilledmusic/

Om meer oor Victory4All te wete te kom, kontak Johan & Astrid Vos per e-pos info@victory4all.com.

Oor Neville D
Neville Diedericks is ‘n talentvolle musikant van Kaapstad, Suid-Afrika. Hy het sy musikale vaardighede reeds op jong ouderdom begin ontwikkel, en sy talent is deur familie en vriende opgemerk. Neville D se naam is nou wêreldwyd bekend as wennere van ’n Dove-toekenning en hy is ’n Grammy-genomineerde liedjieskrywer. Hy het suksesvolle toere onderneem in die Verenigde State, Maleisië, Indonesië en Afrika tydens sy tyd met die mega-groep, Israel & NEW Breed. Neville D het liedjies geskryf vir baie musikale legendes, insluitend Israel Houghton, Ernie Smith, Joyous Celebration, Khaya Mthethwa, Loyiso Bala, Jakkie Louw, en Judith Sephuma. Hy het verskeie albums opgeneem en sy treffers sluit in “Nobody Like Jesus”, “Our God Is Awesome” en “Nuwe Dinge”. Neville D is getroud met Liezle en hulle het vier kinders. Hy is ook die stigter van Nefty Records en ’n vervaardiger in Kaapstad en oorsee.

Oor Victory4All:
Sedert 2003 het Victory4All hom toegewy aan die verbetering van die lewens van kinders uit die plaaslike gebiede van Jeffreysbaai en Humansdorp in Suid-Afrika. Gestig deur Johan en Astrid Vos, ’n egpaar uit Nederland, word Victory4All deur ’n span van meer as 80 toegewyde plaaslike en internasionale personeel en vrywilligers bedryf.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 14/04/2023
Foto verskaf

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here