Artikelbron: cvandaag.nl

’n Christen-man, Humayun Allahrakha (32), is ná bykans agt jaar in die tronk vrygelaat nadat hy deur ’n hof in Lahore in Pakistan onskuldig bevind is aan die opsetlike verbranding van koerantpapier waarin daar glo verse van die Koran was. Die Kerk in Nood (ACN) ondersteun die kommissie wat die straatveër bygestaan het gedurende sy gevangenisstraf.

Allahrakha (voorheen bekend as Humayun Faisal Masih) het in Mei 2015 koerante in Sanda, ’ stad in die Lahore-distrik, verbrand, waarna Islamitiese omstanders hom beskuldig het van godslaster omdat die koerante na bewering Koranverse bevat het. Die straatveër is deur die polisie gearresteer en is aangekla van die ontheiliging van die Koran. Volgens die Pakistanse strafregboek kon hy lewenslange tronkstraf daarvoor opgelê word.

Ná die voorval het honderde mense in 2015 vir hulle lewens gevlug toe ’n menigte van duisende Moslems Christene se wonings en kerke aangeval het.

Allahrakha is nou vrygelaat en na ’n veilige plek gebring omdat daar steeds vir sy veiligheid gevrees word.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 13/04/2023
Foto aangepas ter illustrasie: unsplash.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here