Artikelbron: CNE News

Vyf Christelike organisasies het gekla oor die feit dat hulle geen subsidie van die Noorse dorpsraad van Klepp  ontvang nie, berig CNE News.

Na bewering is die subsidies geweier op grond van die organisasies se sienings oor geslag, die huwelik en seksualiteit. Al vyf het klagtes ingedien, maar dit is op 13 Maart vanjaar afgekeur. Nege dorpsraadslede het egter die besluit as onregverdig beskou en het by die staatsadministrateur kapsie gemaak.

Die nasionale regering moet nog beoordeel of die weiering in stryd is met die Wet op Openbare Bestuur, volgens ‘n verslag van Vart Land. In Desember 2021 het die dorpsraad van Klepp ’n nuwe klousule goedgekeur wat bygevoeg is tot die kriteria vir die toekenning van gemeenskapsubsidies.

CNE het voorheen berig dat hierdie nuwe wet met 20 teen 11 stemme deur die dorpsraad aanvaar is. Teenstanders van die klousule het egter gesê dat dit in stryd is met Artikel 6 van die Noorse Wet op Gelykheid en Diskriminasie. Artikel 6 bepaal immers dat diskriminasie van ’n bepaalde godsdiens onwettig is. Afgesien van Artikel 6 kan die besluit ook in stryd wees met Artikel 6 van die Wet op Godsdiensverenigings, Artikel 104 van die grondwet en ander menseregtewette.

Die staatsadministrateur het egter besluit dat die dorpsraad se besluit oor die klousule van 2021 binne wettige grense plaasgevind het.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 13/04/2023
Foto: en.wikipedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here