Artikelbron: The Christian Post

Wetenskaplikes beweer dat hulle ’n verborge antieke vertaling van die evangelie van Matteus ontdek het, wat afkomstig is uit die derde eeu na Christus. Indien dit waar is, is die manuskrip die enigste bekende “oorblyfsel wat getuig van die vierde manuskrip van die oud-Siriese weergawe van die evangelies,” berig The Christian Post.

Die navorsers, onder leiding van Grigory Kessel van die Oostenrykse Akademie vir die Wetenskappe (OeAW), het ultravioletlig en fotografie gebruik om die antieke vertaling te vind wat onder drie ander lae van teks weggesteek was.

Die bevinding wat verlede maand in die joernaal, New Testament Studies gepubliseer is, sluit ’n interpretasie van Matteus 11:30 tot Matteus 12:26 in, wat oorspronklik bykans 1 500 jaar gelede vertaal is as deel van die Oud-Siriese vertalings.

Volgens die Britse Biblioteek was Siries ’n dialek van Oos-Aramees wat vanaf die eerste eeu tot die Middeleeue deur die Kerk in Sirië en verskeie lande in die Midde-Ooste gebruik is. Hoewel dit in dieselfde alfabet as Hebreeus geskryf is, het die Siriese taal sy eie unieke kenmerke.

“Wat die datering van die evangelie betref, kan daar geen twyfel wees dat dit nie later as die sesde eeu geproduseer is nie,” rapporteer die studie. “Alhoewel daar ’n beperkte aantal gedateerde manuskripte uit hierdie tydperk is, stel ’n vergelyking met ander gedateerde Siriese manuskripte ons in staat om die moontlike tydperk te beperk tot die eerste helfte van die sesde eeu.”

Volgens ‘n verklaring wat vroeër hierdie maand deur die OeAW vrygestel is, is die ontdekte teks in die derde eeu geskep en in die sesde eeu gekopieer. Meer as 1000 jaar gelede het ‘n skrywer in Israel die boek waarin die Siriese teks gegraveer was, hergebruik. Aangesien die perkament in die Middeleeue skaars was in hierdie gebiede, is dit hergebruik.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 13/04/2023
Foto slegs ter illustrasie: freepik.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here