Artikelbron: gatewaynews.co.za

Global Voice of Prayer het ’n beroep op Christene in Suid-Afrika gedoen om “te bid vir een van die belangrikste strategiese gebeurtenisse oor die afgelope paar jaar” – ’n Christen-leierskapsberaad wat daarop gemik is om “die hele Suid-Afrikaanse Christelike gemeenskap te mobiliseer om op alle vlakke ’n aktiewe, praktiese rol in die transformasie van ons land te speel”.

Die beraad, wat oop is vir Christene met invloed in enige sfeer, of wat begeester is om ’n verskil te maak, vind vandag en môre (12 en 13 April) in Senekal, Vrystaat, plaas.

Gebedspunte verskaf deur Global Voice of Prayer is:

  1. Bid vir leiers landswyd om dit by te woon.
  2. Bid vir wysheid en onderskeiding tydens die samekoms.
  3. Bid vir eenheid onder die leiers.
  4. Bid vir beskerming vir die reisigers en gladde verloop van alle logistieke reëlings.

Die beraad sal gefokus wees op twee dae se strategiese beplanning wat daarop gemik is om met haalbare aksieplanne vorendag te kom, wat onmiddellik geïmplementeer moet word in tien vooraf geïdentifiseerde hoofsektore van die samelewing.

Vir meer inligting, kyk asseblief na die video hier onder en besoek www.unitingforchange.org

https://gatewaynews.co.za/prayer-call-for-pivotal-christian-leaders-summit/

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 12/04/2023

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here