Artikel verskaf deur Avodah Ministry School
Artikel oorspronklik geplaas in die September 2026 uitgawe van JUIG! Tydskrif
AVODAH nooi jong gelowiges na ’n oorbruggingsjaar wat geloof, roeping en diens bymekaarvoeg. Die Hebreeuse woord avodah beteken gesamentlik werk, aanbidding en diens. Dit verskyn die eerste keer in Genesis 2:15 en openbaar God se oorspronklike ontwerp: Ons werk en aanbidding was nooit bedoel om van mekaar geskei te word nie, maar om saam verweef te wees tot een geïntegreerde lewenswyse. AVODAH is ’n inisiatief van World Mission Centre wat in vennootskap met Jalia Technologies is en bied veel meer as ’n tradisionele oorbruggingsjaar. Dit ontwikkel is ’n toerustingsjaar wat op die vorming van liggaam, siel en gees gerig is en jong volwassenes help om in identiteit, dissipline en roeping te groei.
Toegerus vir elke lewensterrein
By AVODAH word studente toegerus om God op elke lewensterrein te eer. Die jaar lange vormingsprogram kombineer dissipelskap, mentorskap en praktiese opleiding in die werkplek. Deelnemers verdiep hul kennis van God se Woord, ontwikkel ’n hart vir die nasies en leer om volgens Bybelse beginsels leiding te neem en dissipels te maak – of God hulle nou na die sakewêreld of voltydse bediening roep.
Groei in geestelike volwassenheid
Studente groei in karakter, vaardighede en geestelike volwassenheid deur gesonde daaglikse gewoontes te vestig. Dit sluit voedsame maaltye, gereelde oefening, mentorskapverhoudings en praktiese dissipelskap in die werkplek in. Praktiese ervaring word aangebied op gebiede soos grafiese ontwerp, projekbestuur, sakeontleding, sagtewareontwikkeling, bemarking, sosialemediabemarking, webontwerp en rekeningkunde.
Praktiese sendingwerk
Korttermyn-uitreike na Ethiopië, Mosambiek en Lesotho bied eerstehandse ervaring van bediening oor kultuurgrense heen, nederigheid, spanwerk en diens. Deur doelgerigte gemeenskapslewe en werklike projekte leer deelnemers dat geloof nie tot kerklike bedrywighede beperk is nie.
Vorming vir ‘n leeftyd
AVODAH se doel is eenvoudig: om ’n geslag op te rig wat met wysheid, integriteit en uitnemendheid leiding neem – in kerke, in die sakewêreld, onderwys, kunste en gemeenskapsontwikkeling. Deelnemers het na afloop van die program groter duidelikheid oor hul roeping, werkservaring, ’n hart vir sendingwerk en gewoontes wat veel langer as ’n enkele jaar sal voortduur. Aansoeke is oop vir jong volwassenes tussen 18 en 30 jaar. Besoek avodah.org.za, stuur ’n e-pos na
wilnem@wmcint.org of skakel +27 66 593 2416.


Hierdie artikel verskyn in die September 2026 uitgawe van JUIG! Tydskrif. Lees die digitale weergawe van hierdie tydskrif hier: joygifts.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Hoof foto verkry deur oorspronklike artikel geplaas in die September uitgawe van JUIG! Tydskrif
Datum gepubliseer: 19/08/2026
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








