Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Vier toegewyde Bybelvertalers het hulleself 25 jaar lank besig gehou met die uitlewing van ‘n besonderse roeping: vertaling van die Bybel in die hartstaal van die Guji volk in Ethiopië. Hulle werk is bemoeilik deur uitdagings, vervolging en dreigemente. Deur dit alles het hulle met vasbeslotenheid volhard. Ten spyte van die uitdagings was hulle deelnemers aan ’n kollektiewe poging wat op ‘n monumentale prestasie uitgeloop het – die volledige Bybel in die spreektaal van die Guji volk. Hulle verhaal demonstreer volharding, geloof en ‘n onweerstaanbare passie om die Skrif te gee aan ‘n volk wat lank gewag het op die gawe.
Die Guji volk het vir baie jare probeer om ‘n agenstskap te vind om hulle by te staan. Omdat hulle taal egter as ‘n minderheidstaal gereken is, is die vertaling van die Bybel in die Guji taal as ongeregverdig beskou. Buitelanders het gekom, ondersoek ingestel en gou weer weggegaan. Saam met hulle het die hoop om die Bybel in hulle eie taal te kry vir die Guji telkens ook verdwyn.
In 1998 het die prentjie begin verander deur samewerking tussen Die Woord vir die Wêreld Bybelvertalers (TWFTW) en plaaslike Ethiopiese kerke. Deur middel van investering in die plaaslike bevolking deur die voorsiening van opleiding en die grondlegging van vertaalprosesse, het TWFTW inboorlingsprekers bemagtig om die Bybel vir hulle eie mense te vertaal.
Prys die Here, nuwe lewe het op 8 Junie 2024 aangekom. Mense van plaaslike gemeenskappe het saam met meer as 40 kerkleiers, leiers van stamme, regeringsamptenare, universiteite, Bybelvertaalagentskappe, drukkers en donateurs ‘n week-lange feesviering bygewoon. Oorhandigings het op drie plekke plaasgeving, naamlik in Bule Hora, Awassa en Addis Ababa. Skares mense van meer as 9,000 het gejuig en gretig hande uitgesteek om Bybels te ontvang, honger vir die heilige woorde.
Gedurende hierdie week het baie mense hulle getuienisse gedeel oor volharding om die Bybel in die Guji taal vertaal te sien. Sommiges het vertel van die vervolging wat hulle gely het gedurende die 25 jaar van sosialistiese regering. Die vernedering om sonder klere aan slae onderwerp te word terwyl daar met elke hou geëis word dat Christus verloën moet word. Vrees en onderdrukking het daardie tyd oral hoogty gevier, in dorpe en strate. Maar die gelowiges het in hulle geloof vas bly staan. Die saad het op vrugbare grond geval.
‘n Inwoner van een van die dorpies het gesê “Die mense wat in duisternis woon sal die lig sien. God besoek my nou nie meer by die kerk en gaan dan terug na die ander dorp toe nie. Hy bly nou permanent by my.”
Een van die Guji Bybelvertalers het verduidelik, “As ek ‘n evangelis was, kon ek met my woorde in honderde mense se lewens gesaai het, en ‘n generasie mense bereik het. Maar as ‘n Bybelvertaler saai ek in duisende mense se lewens, en God se Woord bereik baie generasies.”
Van onderdrukking tot herlewing, van vervolging tot om bemagtig te word, is die Guji bevolking nie die begin of die einde van die Bybel beweging wat dwarsoor die wêreld vorentoe beur nie. Bybelvertaling versnel die verspreiding van die Evangelie onder mense wat al eeue lank wag om te ondervind dat God se Boek van die Lewe ook vir hulle mense bedoel is. Die Guji volk is nie meer een van die meer as 3,000 taalgroepe wat nog nie die Bybel in hulle eie taal het nie.
Op hierdie oomblik wonder mense regoor die wêreld of God na hulle toe ook sal kom en met hulle sal praat soos Hy met jou en my gepraat het deur sy Woord. Hier is jou geleentheid om vir hulle te sê Ja, Hy sal kom, en Hy sal jou taal praat.
Sluit aan by die Bybelvertaalbeweging.
Daar is nog taalgroepe wat wag om te hoor.
twftw.org | info@twftw.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 29/10/2024
Foto verskaf: Meisie wat vir die eerste keer die volle Guji-bybel vashou.
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.