Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Dieselfde God wat die hemel en die aarde gemaak het, het ook vir jou en my gemaak. Hy gee aan ons elkeen die opdrag om vir die wêreld van Hom te gaan vertel. En jy word uitgenooi om dit saam met nuwe vriende in 2025 te kom doen.
Koinonia Discipleship Training Academy skep vir jou ‘n unieke geleentheid om ‘n jaar van jou lewe neer te lê vir Jesus. Die Here is so waardig dat jy jou lewe vir ‘n jaar lank opsy kan skuif en aan God kan toewy. So ‘n toewydingsjaar is ‘n roeping om nie net toeskouers te wees nie, maar aktiewe deelnemers te wees in die verspreiding van die Evangelie en die uitbouing van ‘n Koninkryk wat gegrond is op Christus se liefde en geregtigheid. Ons fasiliteite in Mosselbaai bied ‘n tuiste vir tot 30 persone in luukse wooneenhede. Elke eenheid huisves twee tot vier persone wat deel en is volledig toegerus met alle nodige toebehore en Wi-Fi. Ons kurrikulum is spesiaal so ontwerp dat dit die Skrifgefundeerde grondslag vorm waarop ons visie en waardes gebou is. Daarom is ons aanbiedings uniek en eie aan die KDTA-kultuur. Is jy bereid om jouself te bekwaam as ‘n dissipel van die Allerhoogste? Indien jou antwoord “Ja” is, is Koinonia Discipleship Training Academy beslis vir jou! Doen sommer dadelik aansoek vir toelating. Besoek vandag nog ons webtuiste om in te skryf vir 2025!
Kontak ons: info@koinoniadiscipleship.co.za | 082 806 8895 | koinoniadiscipleship.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 28/10/2024
Foto’s verskaf
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.