Geskryf deur: Rochelle Roets
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Pastoor Kobus Erasmus Querencia-Bediening, Centurion
Ek het vir pastoor Kobus Erasmus in Desember 2017 ontmoet en daardie dag het ek geweet dat my lewe nooit weer dieselfde gaan wees nie. Hy was ’n aangename mens, maar as gevolg van my verlede wou ek nie regtig veel van hom weet nie. Vir maande daarna het hy my gesoebat en gesmeek om kerk toe te kom, maar ek wou niks weet nie. Met tye het ek maar ingegee en het ek so nou en dan op ’n Sondagoggend kerk toe gegaan net om te kyk of hy my sal uitlos… stellig nie!
Stadig maar seker ingekatrol
As ek nie in die kerk was nie, het hy elke Sondag vir my ’n boodskap gestuur om te sê dat hy my gemis het en dat my plek leeg was… “Nou waarom sal iemand so belangstel in iemand soos ek?” het ek altyd gewonder. Maar min het ek geweet van die liefde en omgee wat hierdie man gehad het en tot vandag toe nog steeds het. Hy het nie laat los nie en my stadig maar seker ingekatrol.
’n Gebreekte been kon hom nie stop nie
In November 2018 het hy my gedoop en my hele lewe het verander. In September 2018 het hy sy femur gebreek nadat hy geval het en na menige onsuksesvolle operasie was sy been steeds gebreek. Hy het vyf jaar lank met ’n gebreekte been steeds tot die beste van sy vermoë bedien. Hy het die dag van my doop met ’n gebreekte been en in pyn saam met my in die doopbad geklim om my te doop.
My dierbare pastoor
Hy is ook ’n gekwalifiseerde sielkundige en pastorale berader en sy passie is mense, siele vir Jesus. Hy het ’n hart van goud, hy straal liefde uit en is so passievol oor die bediening. Hy het my gewys wat dit is om soos Jesus te wees. Hy dra elkeen van sy lidmate in sy hart en hy is altyd daar as jy hom nodig het. Hy kry ook sy dae wat die laste swaar raak, maar jy sal hom nooit sien opgee nie.
Dankie!
Ek sal sekerlik nooit genoeg kan dankie sê vir hierdie merkwaardige mens wat my kom haal het en my hele lewe verander het nie. Ek dank God want Hy het geweet net hierdie pastoor sal my kan oortuig.
Ons nooi lesers om briewe te stuur waarin julle jul waardering uitspreek vir jul leraar. Stuur ’n e-pos na info@juig.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 27/10/2024
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.