Artikelbron: cvandaag.nl

’n Christelike ruimtevaarder, Victor Glover, sal NASA se eerste bemande reis na die maan in meer as 50 jaar lei, berig The Christian Post. Hy is een van vier bemanning uit twee lande wat die reis in November sal onderneem.

In ’n aankondiging vroeër vandeesmaand het NASA die bemanning vir die Artemis II-sending aangewys. Dit sluit NASA-ruimtevaarders Christina Hammock Koch, Reid Wiseman, Victor Glover en die Kanadese Ruimte-agentskap se ruimtevaarder, Jeremy Hansen, in. Die sending is ’n vlugtoets van NASA se Orion-ruimtetuig en die reis sal tien dae lank duur.

Glover, wat die missie se vlieënier sal wees, was ’n voormalige bevelvoerder van die Amerikaanse vloot wat gevegsmissies in Irak gevlieg het en as ’n beleidsassistent vir wyle senator John McCain gedien het voordat hy by NASA in 2013 aangesluit het.

By die NASA-geleentheid in Houston waar die Artemis-sending vroeër vandeesmaand aangekondig is, het Glover gesê hy is “dankbaar is teenoor die Here vir hierdie wonderlike geleentheid … Ons moet hierdie oomblik in die mensdom se geskiedenis vier,” het hy gesê en bygevoeg dat die sending bedoel is om “die volgende stap in die reis te wees wat die mensdom na Mars sal onderneem.”

“Ek bid dat God hierdie sending sal seën, maar ek bid ook dat ons kan voortgaan om te dien as ’n bron van inspirasie, vir samewerking en vrede – nie net tussen nasies nie, maar binne ons eie land,” het hy bygevoeg.

The Christian Chronicle het in 2020 ʼn onderhoud met Glover, ’n lid van die Houston-area Churches of Christ, gevoer toe die ruimtevaarder opleiding ontvang het vir ’n ses maande lange sending na die Internasionale Ruimtestasie.

 

“Ek wil die talent wat God my gegee het, gebruik om my werk goed te doen en my bemanningslede en NASA se missie te ondersteun,” het hy in 2020 aan The Chronicle gesê.

Glover het ’n Bybel en nagmaalbekers na die ruimtestasie geneem en gesê hy beoog om daar aan “virtuele diens” deel te neem.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 14/04/2023
Foto: wikipedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here