Artikelbron: www.worthynews.com
Wycliffe Associates, ’n internasionale organisasie wat moedertaal-Bybelvertalers en vennote met plaaslike kerke bemagtig in die bevordering van Bybelvertaling, werk daaraan om Christene in 35 taalgroepe in Indonesië en Suidoos-Asië van Bybelvertalingsstelle te voorsien wat die werk sal versnel. Die vertalers sal die nodige opleiding ontvang om die Die Bible Translation Acceleration Kits (BTAKs) te gebruik.
Elke stel bevat ’n rekenaar, spesiale vertaalsagteware, Bybelvertalings- en tegnologie-opleiding. Waar nodig word ’n satellietverbinding ook voorsien. Dit gee aan inheemse Bybelvertalers al die tegnologie wat hulle nodig het om die Bybel vinnig, doeltreffend en veilig in hul taal te vertaal.
“Hulle het nie toegang tot die internet en aanlyn hulpmiddels soos wat ons almal as vanselfsprekend aanvaar nie,” sê Mark Stedman, die visepresident van tegnologie vir Wycliffe Associates. “Christene word uitgesonder – ‘verduister’ – bloot omdat hulle Christene is, maar met ’n BTAK kan lig deur die duisternis breek. Binne maande sal hulle Bybels in hul hande hê.”
Terwyl groot Moslem-meerderheid dele van die land internettoegang het, is Christelike gebiede afgesny. Christene word ook uit werk en skole gedwing weens hul geloof.
“Op plekke waar Christenskap so gehaat word dat owerhede internettoegang afgesny het of gelowiges net in die geheim kan vergader, is ’n BTAK in baie gevalle hul enigste hoop om God se Woord vir hul mense te vertaal,” sê Stedman.
Een Bybelvertaler in Indonesië het byvoorbeeld met haar skootrekenaar van haar dorpie af na ’n kiosk gestap om op die internet te kom. Daar kan dit tot vyf uur lank neem om ’n stabiele internetverbinding te kry. Sodra die verbinding bewerkstellig is, kan dit tot drie uur lank neem om ’n vertaalde boek van die Bybel op te laai. Daarom kan dit jare lank neem om die hele Bybel op hierdie manier te vertaal.
Met BTAKs kan Bybelvertalers egter hul werk voortsit op verafgeleë plekke waar die internet ontoeganklik is. Dit stel vertalers ook in staat om hul vertalings in die geheim aan hul vertalings te werk.
Bybelvertalers kan toegang tot aanlyn hulpbronne kry en ook met ander vertalers saamwerk om maksimale akkuraatheid te verseker, wat hulle in staat stel om die kwaliteit van hul werk na te gaan en te verdubbel. Hulle kan ook hul vertalings in die wolk stoor, wat dit veilig hou teen natuurrampe en konfiskering of vernietiging deur vyandige owerhede.
“Gemeenskappe word verander namate mense die waarheid van God se Woord en die krag van God se liefde in hul eie hartstaal ontdek,” sê Stedman.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 12/04/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerk aangepas vanaf unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.