Artikelbron: ifsaprayer.co.za

Intercessors for South Africa (IFSA) is ’n forum van verskeie nasionale gebedsnetwerke wat elke Christen, elke plaaslike kerk, elke denominasie roep tot ‘n seisoen van desperate gebed vir Suid-Afrika. Daar word beroep gedoen vir 21 dae van gebed en vas.

Waarom hierdie inisiatief?
Die toenemende geweld, immoraliteit en korrupsie in ons land die afgelope jare bly vir baie ’n bron van groot bekommernis. Daar word gesê dat 80% van die bevolking van Suid-Afrika bely dat hulle Christene is, maar die samelewing weerspieël nie die vrug van die Evangelie nie. Selfs terwyl ons nasie homself voorberei om op 29 Mei 2024 vir ’n nuwe regering te stem, voel talle burgers desperaat en wanhopig dat dinge sal verander.

William Booth, die stigter van die Heilsleër, het die volgende oor ons generasie te sê gehad:

“Ek dink dat die vernaamste gevare wat die komende eeu bedreig, is godsdiens sonder die Heilige Gees, Christenskap sonder Christus, vergifnis sonder bekering, redding sonder wedergeboorte, politiek sonder God, en die hemel sonder ’n hel.”

Dit is ’n oproep tot desperate gebed vir ons nasie. Desperate gebed kom wanneer ons deur die werklikheid in die gesig gestaar word dat dinge menslik onmoontlik is en daar GEEN UITWEG is nie.

MAAR GOD…
“Maar nou sê die Here: ‘Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep. Wie weet of Hy nie die straf sal herroep nie; of Hy nie weer voorspoed sal gee nie …” – Joël 2:12-14

Ons nooi jou uit om die volgende te oorweeg:

  • Korporatiewe gebedsbyeenkomste – Oorweeg dit om elke week een korporatiewe gebedsbyeenkoms in jou plaaslike kerk of gemeenskap aan te bied. (Video: Why pray?)
  • 24-7 Biddende Kerke – Oorweeg dit om ’n 24-7-gebedsketting te hê met 24 gelowiges wat elke uur van dieselfde dag as jou korporatiewe byeenkoms bid. Registreer jou kerk/groep hier: https://tinyurl.com/AWAKENSA
  • Vas en Gebed – Ons nooi elke gelowige uit om te vas en bid gedurende hierdie 21 dae. Oorweeg dit om een maaltyd per dag oor te slaan. (Artikel: Fasting and prayer – a biblical discipline)
  • Nasionale gebedsbyeenkomste (Zoomskakel volg binnekort)

21 Mei – 28 Mei – 4 Junie (11 vm.)

Klik hier om die gebedsgids af te laai: Awaken-SA-Prayer-Guide

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 12/04/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here