Deur liginduisternis.co.za

Ter viering van Lig in Duisternis Uitgewers se nuutste publikasie, Die avonture van ApPelKie die muis: Exodus tot Deuteronómium (Boek 2), hou ons ’n opwindende kompetisie wat jou die geleentheid bied om Die Avonture van ApPelKie die muis: Génesis (boek 1) én die splinternuwe boek 2 van hierdie kleurvolle en Bybelgetroue kinderboekies te wen.

ApPelKie die muis is ’n baie nuuskierige klein muisie wat soms dapper, soms bang en soms selfs ’n bietjie stout kan wees. ApPelKie is baie lief vir die Here en volg die verhaal van God dwarsdeur die Bybel. Hy word egter nie duisende jare oud nie, maar in die opeenvolgende muisgeslagte is daar telkens ’n ApPelKie wat saam met die Bybelkarakters die handelinge van die Here beleef en daaruit leer wie God is, wat Hy doen en wat Hy van almal verwag.

ApPelKie die muis sal vir 30 dae êrens op Lig in Duisternis Uitgewers se webblad wegkruip. Hy skuil dalk op die tuisblad, agter ’n boek in die kinderafdeling, of in die hoekie van die Kontak Ons-blad. Klik dadelik op ApPelKie as jy hom op die webblad raaksien, vul jou e-posadres in en word outomaties ingeskryf vir die kompetisie om boek 1 én 2 van Die avonture van ApPelKie die muis, te wen.

Die vyf gelukkige persone wat gedurende die verloop van 30 dae die meeste keer op ApPelKie die muis geklik het, sal op 30 April as wenners van Lig in Duisternis Uitgewers se kompetisie, “Waar’s ApPelKie die muis?” op ons Facebook-blad bekendgemaak word.

Boek 1 en 2 is nou in Lig in Duisternis Uitgewers se boekwinkel in Makoustraat 516, Monument Park, Pretoria, beskikbaar.

Die avonture van ApPelKie die muis (Boek 1 en 2), kan ook op Lig in Duisternis Uitgewers se webwerf gekoop word. Dit is ook as e-boek op Amazon beskikbaar.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.


Datum gepubliseer: 12/04/2024

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here