Geskryf deur: JUIG! Tydskrif
Artikelbron: JOY! Travel
VERKEN DIE BYBELSE ERFENIS VAN TURKYE MET ’N JOY!-TOER
So baie mense onderneem ’n pelgrimstoer na Israel, maar Turkye is ’n land met ’n ewe ryk Bybelse erfenis: Dink maar aan die sewe kerke van Openbaring of die stad Efese waar Paulus sy sending twee jaar lank uitgevoer het.
As jy op soek is na ’n meer geestelike ervaring, sluit aan by ’n Christelike pelgrimstoer wat die sewe kerke van Openbaring besoek in die suidwestelike streek van Turkye, naby die hawestad Kusadasi (antieke Efese). Turkye (of Klein-Asië in die tyd van die apostel Paulus) is ryk aan ’n Bybelse erfenis en die toneel van talle Nuwe Testamentiese geskrifte en eindtydprofesieë.
Op ons JOY! Bybeltoere neem ons reisigers na al sewe kerkterreine vir ’n tyd van lering, aanbidding, gebed en samesyn. Beplande toerdae word afgewissel met vrye tyd om jouself te geniet in pragtige vakansiedorpe soos Bodrum – ’n mini Mikonos aan die kus waar ons in ’n Turkse gulet vaar en in die Egeïese See swem. Ons besoek die sentraal-suidelike gebied van Kappadosië – die stowwerige, maanlandskapagtige wêrelderfenisgebied met feetjieskoorstene waar lugballonvaart ’n moet is vir ’n surrealistiese vista.
Pragtige hotelle, smaaklike disse en fassinerende besienswaardighede sorg vir ’n onvergeetlike vakansie waar jy beslis lewensdrome op jou lysie sal kan afmerk en jou Bybelkennis kan verryk. Ons bied elke jaar verskeie toerpakkette van Mei tot Oktober aan.
Meer inligting oor ons Nuwe Testament-Turkye-toer saam met dr. Arthur Frost
DUUR VAN DIE TOER: 12 Dae TOERDATUM: 05-16 Mei ’24
BESONDERHEDE: Alles ingesluit behalwe drankies*
TOERTIPE: Luukse toer (vier-/vyfsterhotelle)
KOSTE: R46 999 p.p. wat deel @ R20,30 tot die EURO 1,00
BETALING: R5 000 deposito; balans 75 dae voor vertrek*
DIE TYD OM DIE MIDDE-OOSTE TE BESOEK, RAAK MIN!
BESPREEK NOU, BETAAL LATER!
Besoek gerus www.joytravel.co.za vir meer inligting!
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 19/02/2024
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.