Geskryf deur: Peter Hammond
Artikelbron: Verskaf 

Elke jaar verloor ons meer babas aan aborsie as die gesamentlike dodetal van misdaad en motorongelukke. Sedert 1 Februarie 1997 is meer as 2 000 000 babas in Suid-Afrika deur aborsie vermoor, meestal met belastingbetalers se geld. “En Ek het onder hulle ‘n man gesoek wat ’n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie sou verwoes nie…” – Esegiël 22:30

Africa Christian Action organiseer die afgelope 27 jaar lank die March for Life op die Nasionale Dae van Bekering in Suid-Afrika.

Elke jaar, op die herdenking van die rampspoedige wettiging van aborsie, het Africa Christian Action die March for Life na die parlement gereël, gevolg deur ’n gebedswaak en belydenisdiens buite die parlement se hekke.

Ons onlangse March for Life, Donderdag, 1 Februarie, was in die vorm van ’n begrafnisstoet, waartydens ons deur die middedorp na die hekke van die parlement gestap het.

Optoggangers het gesange gesing en klein kissies, Christelike vlae, kruise, blomme en plakkate gedra en is deur ’n lykswa gelei. Baniere en plakkate het verklaar: “abortion: one dead. One wounded.”; “Adoption: loving option”; “Abortion is Murder”; “Jesus Heals and Forgives”; en “Speak up for those who cannot speak for themselves  (Spreuke 31:8).

“Die Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine, op die hoek van die rumoerige strate roep sy, by die ingange van die poorte, in die stad, spreek sy haar woorde …”  – Spreuke 1:20-22

Gebed en aksie

Africa Christian Action het voor die hoofhekke van die parlement (op die hoek van Roeland- en Pleinstraat) ’n gebedswaak en gedenkdiens gehou asook ’n kranslegging gelei ter nagedagtenis aan die babas wat deur aborsie in Suid-Afrika vermoor is. Deelnemers aan die gebedswaak het ’n Skriftuurlike verontskuldigingsgebed gebid en ’n beroep op die nasie- en regeringsleiers gedoen om hulle te bekeer van die nasionale sonde van aborsie en het gewaarsku oor God se oordeel as hulle hul nie bekeer nie …

Ons kan onsself nie as ’n samelewing beskou wat menseregte hoog aanslaan as die onskuldigste en mees hulpelose van alle mense – ongebore babas die reg op lewe ontsê word nie.

Die lewe begin by bevrugting.

Elke aborsie stop ’n hartjie wat klop…

“Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn.” Spreuke 31:8-9

Die Poorte

“As hulle in die land wat die Here jou God jou sal gee om dit in besit te neem, een vind wat dood in die veld lê, sonder dat dit bekend is wie hom gedood het, dan moet jou oudstes en jou regters uitgaan en die afstand meet na die stede wat rondom die een lê wat gedood is. En die stad wat die naaste lê aan hom wat gedood is — die oudstes van dié stad moet ‘n jong koei neem waarmee nie gewerk is nie, wat nie in ‘n juk getrek het nie. En die oudstes van dié stad moet die koei afbring in ‘n dal met standhoudende water waarin nie gewerk of gesaai word nie; en hulle moet daar in die dal die koei se nek breek. Dan moet die priesters, die seuns van Levi, aankom; want die Here jou God het hulle uitverkies om Hom te dien en om in die Naam van die Here te seën, en volgens hulle uitspraak moet elke saak van twis en verwonding afgehandel word. En al die oudstes van dié stad wat die naaste woon aan hom wat gedood is, moet hulle hande was oor die koei waarvan die nek in die dal gebreek is; en hulle moet verklaar en sê: Ons hande het hierdie bloed nie vergiet nie, en ons oë het dit nie gesien nie. Doen versoening vir u volk Israel wat U, o Here, verlos het, en laat geen onskuldige bloed op u volk Israel rus nie, en laat die bloedskuld vir hulle versoen word. En jy sal die onskuldige bloed uit jou midde verwyder as jy doen wat reg is in die oë van die Here.”–  Deuteronomium 21:1-9

In hierdie gedeelte sien ons die geestelike en burgerlike leiers van ’n stad wat verklaar dat hulle geen deel gehad het aan onskuldige bloed wat in hul stad vergiet is nie, al het hulle nie die moord sien plaasvind nie.

Net so moet pastore en burgerlike leiers vandag reageer op die aborsie-holocaust wat in hul stad plaasvind, deur ’n profetiese standpunt in te neem en God te vra om hul nasie genadig te wees vir die bloed van duisende babas wat deur aborsie doodgemaak is.

“Wie sal vir my optree teen die kwaaddoeners? Wie sal my bystaan teen die werkers van ongeregtigheid?” – Psalm 94:16

www.christianaction.org.za

“Kon julle nie een uur saam met My waak nie?” – Matteus 26:14

Veg vir LEWE

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 19/02/2024
Foto: Studio 7 Photography

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here