Artikelbron: ministrywatch.com
Daar was verlede jaar ’n vlaag van arrestasies van Christene in Iran. ’n Gesamentlike verslag van Geopende Deure, Article 18, Christian Solidarity Worldwide en Middle Eastern Concern het Maandag ’n jaarverslag uitgereik wat toon dat die owerhede hoofsaaklik op die verspreiding van Bybels gefokus het. ’n Derde van die gearresteerde Christene het verskeie Bybels in hul besit gehad.
Die organisasies se verslag het ontleed hoe die Iranse regime Christene vervolg. Dit wys dat daar die afgelope jaar baie gefokus is op Bybelverspreiding en die mense wat daarby betrokke is.
Meer as ’n derde van die gearresteerde Christene was in besit van verskeie Bybels wat ondersoekers tot die gevolgtrekking laat kom het dat die regime doelbewus Bybelverspreiders teiken. Hierdie feit was ook vir Steve Dew-Jones, die direkteur van Artikel 18,’n verrassing. ”Ons het oor die afgelope paar jare ’n hele paar sulke gevalle gedokumenteer, maar ek het nooit verwag dat daar soveel soos verlede jaar sou wees nie,” het hy gesê.
Iran beklee die negende plek op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys wat jaarliks gepubliseer word. Bekering van Islam na Christenskap is ’n strafbare oortreding. As jy ’n lid van ’n kerk is, kan jy van nasionale veiligheidsmisdade in Iran beskuldig word. Dit lei gereeld tot lang tronkstrawwe. Christene word ook gevonnis tot lyfstraf of word na afgeleë uithoeke van die land verban waar die lewe moeilik is.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 21/02/2024
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








