Artikelbron: Artikel verskaf
Sewe Christelike politieke partye het Vrydag in Pretoria vergader om ’n verenigde strategie vir die komende verkiesing te bespreek.
Volgens dr. Arno van Niekerk van Time2RiseSA het de vergadering tussen die ACDP, ACCO, AACUM, ARA, Arise SA, GSA en Hope4SA “besonder goed verloop”.
“Dit het begin met etlike minute se intense gebed terwyl ons die Here se aangesig gesoek het vir hierdie belangrike vergadering. Dit was vir ons belangrik om sensitief te wees vir die leiding van die Heilige Gees,” het hy gesê.
Die rede waarom Time2RiseSA die vergadering georganiseer het, is omdat Christene in Suid-Afrika wil sien dat Christelike politieke partye se leiers eenheid demonstreer, wat sal lei tot die konsolidering van die Christelike stem tydens die verkiesing.
“Ons het toe “In One Accord” [dokument] as ’n konsepvoorstel bespreek. Almal het in beginsel saamgestem dat die voorstel goed is, maar wou meer tyd hê om hier en daar ’n paar aanpassings te maak.
“Ons het besluit om alle partye ’n week te gee om wysigings aan te bring, waarna ons weer aanlyn sal vergader. Die vergadering het in ’n positiewe gees plaasgevind, wat openhartige en robuuste besprekings ingesluit het.
“Daar was ’n ware gevoel van bewustheid dat ons alles in ons vermoë moet doen om Christene in suid-Afrika soveel as moontlik moet betrek om verandering te weeg te bring. Afgesien van die Akkoord, moet gesamentlike aksies deur al die partye, ondersteun deur Time2RiseSA, soms onderneem word om Christene op voetsoolvlak te begeester om in liefde op te staan en Suid-Afrika in ’n nuwe rigting te lei.”
Dr. Van Niekerk het beklemtoon dat Time2RiseSA is nie ’n politieke party is nie, maar sy volle steun gee vir die vestiging van ’n regverdige regering in Suid-Afrika.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 21/02/2024
Foto: Voor van links na regs: Dr. Arno van Niekerk (Time2RiseSA), Malixole Mdolo (GSA), dr. Pearl Kupe (Time2AriseSA), dr. Convy Baloyi (ACO), Wayne Thring ( ACDP), Mpho Dagada (Arise SA). Agter: Dr. Jerome Swartz (ARA), adv. Moafrika Wa Maila (AACUM) en ds. John Mathuhle (Hope4SA).
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.