Geskryf deur: Gravel Road Distribution Group
Artikelbron: Artikel verskaf
Lokettreffer gebaseer op ware verhaal is van 8 Maart 2024 af in teaters te sien.
‘Pay it forward’-inisiatief om mense wat nie teaterkaartjies kan bekostig nie te help om ook die rolprent te sien.
Die onafhanklike rolprent, Cabrini, gebaseer op die ware verhaal van ’n vrou se stryd vir die gelykheid, gesondheid en geluk van immigrantwesies, sal gelyktydig met die res van die wêreld op Internasionale Vrouedag, 8 Maart 2024, landwyd in Suid-Afrikaanse rolprentteaters uitgereik word.
Die rolprent is deur die bekroonde regisseur van die lokettreffer, Sound of Freedom, Alejandro Monteverde vervaardig. Cristiana Dell’Anna vertolk die hoofrol.
Die rolprent beeld die kragtige verhaal uit van Francesca Cabrini, ’n Italiaanse immigrant wat in 1889 in New York aankom en deur siektes, misdaad en verarmde kinders begroet word. Cabrini begin ’n gewaagde missie om die vyandiggesinde burgemeester te oortuig om behuising en gesondheidsorg vir die gemeenskap se mees kwesbares te verseker. Cabrini, wat self nie gesond was nie, gebruik in gebroke Engels haar entrepreneuriese brein om ’n ryk van hoop te bou – heeltemal in teenstelling met enigiets wat die wêreld al ooit gesien het.
Kyk hier na die lokprent:
Die Oscar-benoemde en Tony-bekroonde John Lithgow vertolk ook een van die hoofrolle in Cabrini. Hy is veral bekend vir sy rolle in The World According to Garp, Terms of Endearment, Third Rock from the Sun en Dexter. Die Primetime Emmy-genomineerde akteur, David Morse, verskyn ook in die rolprent.
Die rolprent se produksiehuis, Angel Studios, het sy onkonvensionele, voetsoolvlak ‘pay it forward’-beginsel voortgesit om mense te help om na die rolprent in rolprentteaters te kom kyk. Ná die dawerende sukses van hierdie inisiatief met die rolprent, Sound of Freedom, toe meer as 40 000 mense in Suid-Afrika gratis kaartjies aangevra het, is die veldtog ‘n uitbreiding van die beweging om opbouende rolprente te vertoon wat goedhartigheid en lig in die wêreld bevorder.
Benjamin Cowley, die hoof- uitvoerende beampte van Gravel Road Distribution Group, het gesê: “Met Internasionale Vrouemaand het ons vanjaar ten doel om Suid-Afrikaners van alle vlakke van die samelewing te inspireer om na Cabrini te gaan kyk, om vroue te eer en hulle krag, deursettingsvermoë en volharding te vier.”
“Deur die Pay it Forward-veldtog kan jy betaal vir iemand anders, wat andersins nie oor die middele beskik om teater toe te gaan nie. As die kaartjieprys jou verhinder om die vertoning by te woon, eis jou gratis kaartjie op.”
Suid-Afrikaanse gehore kan na hierdie webwerf gaan vir meer inligting oor hoe om te skenk, of plaaslik ’n kaartjie aan te vra https://www.gravelroadafrica.com/cabrini
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 19/02/2024
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.