Artikelbron: allthatsinteresting.com 

Hoewel dit in die vroeë 1700’s onwet was om ’n Bybel saam te stel en met die dood strafbaar was, is ’n baie spesiale Bybel in elke geval gemaak.

Dié spesiale Bybel is onlangs deur ’n boekversamelaar, Kathy Magruder, ontdek. Magruder, die eienaar van ’n boekwinkel, is aanvanklik deur die Calvin Community-aftreeoord in Des Moines genooi om hulle biblioteek te fynkam en te kyk of sy iets van waarde kan kry.

“Ek het op ’n aantal ou boeke afgekom wat nogal interessant gelyk het. Toe val my oog op hierdie boek. Dit het gelyk of dit nogal oud was, maar nie juis iets spesiaal nie. Dit blyk toe ’n Bybel te wees.

Die Bybel dateer uit die jaar 1705 en Kathy sê haar navorsing het daarna ’n aantal interessante feite opgelewer. Die Bybel is in Selkirkshire, Skotland, gedruk en dit is gedoen sonder die toestemming van die monargie. Dit was onwettig en tot die doodstraf lei. Kathy het uitgepluis aan watter familie die Boek behoort het, want iets van ’n geslagsregister was daarin gekrabbel.

Die volgende teks kon onderskei word: “My vrou Janet Scott is Woensdag die derde November 1773, 33 jaar oud, aan pokke oorlede.” Die teks verwys na die egpaar James Burnet en Janet Scott wat in 1761 getroud is en drie kinders gehad het.

Kathy het nou die uitgewer van die Bybel opgespoor en meer oor die drukkery-familie uitgevind. Hoe die Boek in die biblioteek van die gemeenskapsentrum in Iowa beland het, bly steeds ’n raaisel. Kathy se soektog na meer inligting sal vir eers voortduur. Sy sal later die boek verkoop aan belangstellende partye.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
 

Datum gepubliseer: 27/11/2023
Foto: skermskoot, YouTube/KCCI

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here