Artikelbron: All Israël News
Die Israeliese LP Matan Kahana het om verskoning gevra vir “die onaanvaarbare ontwrigting” van die Pinkster-gebedsgeleentheid by die Tempelberg, berig All Israël News. Die voormalige minister van godsdienssake het dit Woensdagmiddag gedoen tydens die jaarlikse “Jerusalem Gebedsontbyt” in die Knesset, wat deur tientalle evangeliese Christene bygewoon is.
Honderde Christene het vir Pinksterfeesvieringe byeengekom. Die vierings sluit ’n gebedsbyeenkoms by die Tempelberg in. Die byeenkoms is ‘n gesamentlike inisiatief van talle wêreldwye Christelike organisasies. Dit het woede ontketen onder Ortodokse Jode wat probeer het om die gebede te ontwrig en Christene toegang tot die heilige terrein te weier. Om verdere konflik te voorkom, moes die Israelse polisie tussenbeide tree.
Die gebedsbyeenkoms het protes van Ortodokse Jode ontlok. ’n Groep betogers het luidsprekers gebruik om die gebede en gesange van Christene te ontwrig. Die betogers het ook verskeie kere geskree: “Sendelinge, gaan huis toe!” Een van die aanwesiges het gesê: “Christelike groepe probeer doelbewus ons heilige plekke binnedring.”
“Die heilige plekke moet vir almal toeganklik bly,” het Kahana gesê. “Ek wil graag beklemtoon dat dit teenproduktief is om op mense te skree wat vriende van Israel is. Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om namens die Knesset om verskoning te vra vir hierdie gedrag.”
Tydens die gebedsontbyt in Jerusalem het die voormalige minister die aanwesiges bedank vir hul “opregte vriendskap en ondersteuning”. “Want julle het Israel baie lief. Ons staan voor ’n uitdagende tydperk en julle konstante en bowenal opregte vriendskap is baie betekenisvol vir die Joodse volk.”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 02/06/2023
Foto: wikipedia.org
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.








