Geskryf deur Gateway News-admin
Artikelbron: 
gatewaynews.co.za

Christen-gehore in Suid-Afrika word hierdie Paasfees genooi om die wêreld van antieke Jerusalem te betree en na die wonderlike verhaal van Jesus Christus op die grootskerm te kyk.

Vir die eerste keer in Afrika sal The Thorn, vertoon word. Dit is ’n emosioneel kragtige teateruitbeelding van die lewe, dood en opstanding van Jesus Christus en sal van 6 tot 10 April in uitgesoekte rolprentteaters vertoon word.

The Thorn bevat ’n skitterende kombinasie van uitvoerende kunste, akrobate en asemrowende vertonings wat gehore in Amerika byna twee dekades lank al in verwondering laat.

“Hierdie rolprentproduksie sal gehore terug neem in tyd op ’n asemrowende reis deur een van die belangrikste stories in die geskiedenis neem,” het Benjamin Cowley, die uitvoerende hoof, Gravel Road Distribution Group, gesê. “The Thorn is nie net ’n toneelstuk nie, dit is ’n ervaring wat ’n indruk op ’n mens se hart laat en vir enige kyker aangrypend sal wees,” het hy bygevoeg.

Teaters wat The Thorn vertoon, is:

Nu Metro — Ballito Junction, Boardwalk Casino, Canal Walk, Clearwater Mall, Loch Logan, Menlyn Park, Woodlands, The Glen, The Pavilion, The Strip (Welkom), Westgate, Worcester, Masingita Mall.

Ster-Kinekor — Brooklyn Commercial, Cresta, Rosebank, Tygervalley, Somerset, Blue Route, Garden Route ( George), Gateway.

Onafhanklike teaters

Cinie Centre- Pietermaritzburg, Cine Centre- Suncoast. Century Cinemax

Vir meer inligting en gereelde opdaterings oor The Thorn, gaan na https://www.thornmovie.co.za.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 27/03/2023
Foto: Skermskoot youtube.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here