Artikelbron: cvandaag.nl

“Die vlamme van herlewing word ook ervaar op die kampus van Baylor Universiteit in Waco, Texas, waar studente verlede week aan 72 uur van ononderbroke gebed en aanbidding deelgeneem het,” skryf CBN News. Dit het verlede Woensdagaand tot die doop van 20 mense gelei.

Wat sommige ’n potensiële “Groot Ontwaking” in die geskiedenis van Amerika noem, het in Februarie op die kampus van Asbury Universiteit in Wilmore begin. Duisende Christene het twee weke lank daar vergader vir Gees-geleide aanbidding en gebed. Talle mense het tot bekering gekom. “Sedertdien het die uitstorting van God se Gees oor die hele land versprei, veral onder jongmense,” berig CBN.

Baylor Universiteit het in samewerking met verskeie kampusse en plaaslike kerke “FM72” georganiseer. Dit is ’n byeenkoms van universiteitstudente waartydens daar 72 uur lank ononderbroke gebid is.

Greg Gordon, die stigter van SermonIndex.net, het ’n video getwiet van Baylor-studente wat tydens die geleentheid bid. Hy skryf: “Twee en sewentig uur van gebed en aanbidding in die hartjie van die kampus by Baylor Universiteit. Twintig mense is gisteraand gedoop. Die honger na God is tasbaar in hierdie jonger geslag.”

“Die doel van FM72 is om ’n passie vir Jesus Christus in die Baylor-gemeenskap aan te wakker,” het Charles Ramsey, die kapelaan en direkteur vir Campus Ministries by Baylor, in ’n verklaring gesê.

“Eenvoudig gestel, die doel is dat almal ’n helder en dringende uitnodiging moet ervaar om Jesus te leer ken en ’n geloofsgemeenskap te vind waarin hulle kan groei en floreer,” het Ramsey bygevoeg.

Evangelis Nick Hall sê hy het “’n sokkerstadion met 86 000 sitplekke by die Universiteit van Oklahoma bespreek.” Hy sê dit sal die grootste evangelisasie-uitreik ooit onder leiding van studente wees.

Die “Fill The Stadium”-geleentheid is geskeduleer vir 19 April.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 29/03/2023
Foto: twitter.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here