Geskryf deur: Gerda Potgieter
Artikelbron: verskaf

Die Kwasizabantu Sending in Suid-Afrika het die 70ste herdenking van die bediening gevier wat deur ds. Erlo Stegen gestig is. Ds. Stegen het in Maart 88 geword.

Die viering het saamgeval met ’n suksesvolle leraarskonferensie wat gehou is onder die tema “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle”. Sedert die bediening gestig is, het dit daarna gestreef om mense se lewens te beïnvloed deur Jesus Christus se lering asook deur sending en humanitêre werk.

Ds. Stegen het oor sewe dekades ’n nalatenskap opgebou, wat toekomstige geslagte positief sal beïnvloed. Hy het sy bediening in 1955 in Maphumulo, KwaZulu-Natal, begin – tydens die hoogtepunt van apartheid in Suid-Afrika.

Die jong prediker het aanvanklik gesukkel om ’n sterker gemeente op te bou, met ’n gebrek aan hulpbronne soos elektrisiteit, lopende water en werksgeleenthede. Die gemeente het egter mettertyd gegroei en in 1966 ’n herlewing beleef, waarna dit eksponensieel begin groei het.

Ds. Stegen het in 1970 ’n plaas bekom en die KwaSizabantu-sending begin, wat sedertdien uitgebrei het om verskeie sentrums oral in Afrika en in ander lande in te sluit. Die sending reik uit na mense van alle rasse- en kultuurgroepe en verskaf geestelike leiding, opvoedkundige ondersteuning en berading.

Ondanks die talle uitdagings, insluitend aanslae op die lewenswerk van die stigter deur individue en die media, groei die sending steeds. Vandag spog dit met ’n ouditorium met 10 000 sitplekke, waterbotteleringsaanlegte, baie hektaar landbougrond, ’n melkery en kweekhuise met verskeie groente, neutbome en avokadoboorde. Die verkope van die produkte verskaf die inkomste wat nodig is om die bediening te onderhou en voort te gaan met die humanitêre werk en die talle gemeenskapsuitreike wat hulle soveel jaar gelede geïmplementeer het en steeds mee volhou.

Lees die volledige berig by joynews.co.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 28/03/2023
Hooffoto: Ds. Erlo Stegen

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here