Geskryf deur: Joel C. Rosenberg
Artikelbron: www.charismanews.com

Israelse premier Benjamin Netanyahu het in die openbaar onderneem om ’n wetsontwerp te blokkeer wat dit onwettig sal maak vir Christene om die Evangelieboodskap met ander Israeli’s te deel. Hy is hiervoor deur Evangeliese leiers in Amerika en Israel geloof.

Die wetsontwerp is deur twee ultra-Ortodokse lede van die Knesset voorgestel. Volgens die wetsonwerp sou oortreders tronkstraf opgelê kon word. Die voormalige Amerikaanse ambassadeur vir internasionale godsdiensvryheid, Sam Brownback, het premier Netanyahu se vinnige en besliste optrede teen die wetsontwerp toegejuig en Israel geloof vir die feit dat dit “’n baken van godsdiensvryheid” in die Midde-Ooste is.

Brownback het gesê dat die vryheid om godsdiensoortuigings openlik te kan huldig en te bespreek, deel is van die Verenigde Nasies se Handves van Menseregte, wat Israel ook onderteken het.

Netanyahu se twiet wat lui: “Ons sal geen wet teen die Christelike gemeenskap voorstaan nie,” is met dankbaarheid deur Christen-leiers ontvang; Hulle was aanvanklik huiwerig oor die private versekering wat Netanyahu se vertrouelinge gegee het.

Die storie is wyd gedek deur die Evangeliese Christen-media en hoofnuusbronne in Israel. Daar is waardering uitgespreek vir premier Netanyahu se standpunt oor die kwessie en sy ondersteuning vir Christene wêreldwyd deur prominente Evangeliese leiers soos Greg Laurie (senior pastoor van Harvest Church), Nadine Maenza (die voormalige voorsitter van die Amerikaanse Kommissie van Internasionale Godsdiensvryheid), Juergen Buehler (die president van die Israel Christen-ambassade in Jerusalem) en Penny Nance (die hoof van Concerned Women of America, die grootste konserwatiewe geloofsgebaseerde vroue-organisasie in Amerika).

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 28/03/2023
Foto: commons.wikimedia.org

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here