Artikelbron: christianheadlines.com en thedavidmovie.com

Angel Studios se komende geloofsgebaseerde rolprent, David, het die skarebefondsingsrekord gebreek wat deur The Chosen opgestel is en is nou die grootste skarebefondsde produksie in die geskiedenis, het die ateljee Donderdag gesê.

Die gesinsvriendelike animasiefliek, wat nog vervaardig word, het $49 miljoen ingesamel met die doel om die $60 miljoen-teiken teen 31 Maart te bereik, het regisseur Phil Cunningham Donderdag tydens ’n regstreekse stroming op Facebook gesê. Die doelwit is dat die rolprent die betekenisvolste Bybelse animasiefliek moet wees sedert Dreamworks se lokettreffer, Prince of Egypt (1998).

“Ons visie is ’n fliek wat ’n wye globale gehoor sal genot sal verskaf en vermaak, terwyl dit ’n kragtige geestelike indruk maak en ’n blik op God se hart gee.”

Kyk hier na die lokprent: (Lokprent begin by 28:29)

As jy ook wil bydra tot die vervaardiging en verspreiding van hierdie rolprent, besoek www.thedavidmovie.com

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 27/03/2023
Foto: Skermskoot youtube.com

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here