Geskryf deur: Errol Naidoo
Artikelbron: familypolicyinstitute.com

Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa is gekritiseer oor sy onlangse kabinetskommeling, wat sy reeds oorvol kabinet uitgebrei het na nog 30 ministers, insluitend vyf ministers in die presidensie en verskeie adjunkministers.

Kritici het aangevoer dat pres. Ramaphosa hoogbetalende poste skep vir lojale kaders wat sy herverkiesingsveldtog vir die ANC-presidensie ondersteun het – teen aansienlike koste vir die belastingbetaler.

Onlangse regeringsbesluite, insluitend stadige hervormings om iets aan infrastruktuurtekorte te doen en bestuur en prestasie by staatsondernemings te verbeter, is ook hewig gekritiseer.

Die besluit bewys dat die ANC die land in eie belang wanbestuur. Dit lyk asof pres. Ramaphosa belangstelling verloor het om die nasie te lei. Ondanks beloftes om “korrupsie te beveg” – het diefstal, bedrog, geldwassery, rampokkery en wanadministrasie aansienlik toegeneem onder pres. Ramaphosa se administrasie met baie min vervolgings.

Sy Phala Phala-geldwassery-probleme verdwyn ook nie. Die ANC-miljardêr-president speel nie oopkaarte nie.

Die land se ekonomie het in die laaste kwartaal van 2022 met 1,3% gekrimp en dit is amptelik deur die Financial Action Task Force op die “gryslys” geplaas omdat dit nie ten volle voldoen aan internasionale standaarde wat die voorkoming van geldwassery en finansiering van terrorisme nie.

Sekuriteitsontleders het ook kommer uitgespreek oor die land se stygende misdaadsyfers, wat deur hulle toegeskryf word aan onbeteuelde korrupsie en onvoldoende polisiëring en inligting.

Die voormalige Eskom HUB, Andre De Ruyter, se onlangse onthullings van massiewe korrupsie by die kragvoorsiener het wêreldwyd opslae gemaak. Ondanks die Zondo-kommissieverslag wat senior ANC-amptenare by die plundering en vernietiging van Eskom betrek het, het Fekile Mbalula, die  ANC-sekretaris-generaal, geëis dat De Ruyter sy bewerings terugtrek omdat “dit die ANC se goeie naam aantas.”

Pres. Ramaphosa se belofte van ’n “New Dawn” het in werklikheid donkerder dae opgelewer. Baie glo nou dat Suid-Afrika onder pres. Ramaphosa se bewind is meer korrup is as wat dit was onder Zuma en die Gupta-misdaadfamilie was. Werkloosheid is hoër, armoede het toegeneem, misdaad styg, kragonderbrekings is op rekordvlakke en hoër inflasie beteken die lewenskoste het aansienlik gestyg.

Die ANC se enigste doelwit is om aan mag vas te klou sodat hulle belastingbetalers se geld kan buit om korrupte en onbevoegde kaders en makkers te verryk.

En dit is hoekom die ANC sy parlementêre meerderheid gebruik het om die omstrede wysigings tot die Kieswet aan te neem wat onafhanklike kandidate benadeel en die regerende party bevoordeel. Verskeie groepe het aangedui dat hulle hooggeregshofuitdagings teen hierdie ondemokratiese wetsontwerp sal loods.

Ondanks hierdie uitdagings is daar ’n gebrek aan protes vanuit die geledere van godsdiens- en burgerlikesamelewingsleiers.

As Christen-burgers moet ons ons vertroue in God plaas. Ons moet vurig bid vir die Here se ingryping in ons ylende volk. Maar ek en jy moet ook die antwoord op ons gebede wees. Bid en tree op.

“God is vir ons ’n toevlug en ‘n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. 3Daarom is ons nie bang nie,” – Psalm 46:2

Artikel verkort vir die volledige artikel klik hier

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 15/03/2023
Foto: www.flickr.com/photos/governmentza

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here