Geskryf deur: dr. Jurie Vermeulen
Artikelbron: febaradio.co.za

Nadat sy gehoor het hoe ons stasiebestuurder in Malawi, ds. Amos Siyabu Phiri, haar vriende gehelp het om Jesus Christus te leer ken en meer oor die Woord van God te leer deur middel van radio, het Marita Bonner besluit om God ’n kans te gee. Kort voor lank het sy haar lewe volkome aan Christus oorgegee en ander mense na haar huis genooi om saam met haar na die Evangelieboodskap te luister. Gou-gou was haar huis vol kosbare siele wat honger geluister het na die verkondiging van God se woord op die radio of oudio-Bybel.

My vriende geniet Jesus Christus nou net soos ek.” – Marita Bonner, Malawi

FEBA se bediening in Malawi bou sterk brûe vir God se Koninkryk en bereik getrou nuwe mylpale. Nadat hulle ’n nuwe gebou in Blantyre aangeskaf het, het FEBA Malawi ’n nuwe uitsaaistasie gebou en Litala FM geloods, wat geestelike en opvoedkundige programme uitsaai na plaaslike gemeenskappe. FEBA Malawi reik buite hul eie grense en saai uit na die Yao-bevolkingsgroepe in Mosambiek en Tanzanië, wat die potensiële luistertal sowat vier miljoen maak.

Voordat hulle hul eie uitsaai-lisensie in 2020 ontvang het, het FEBA Malawi meer as 30 jaar lank met ander radio-netwerke saamgewerk om geestelike en opvoedkundige programme vanuit ’n kerk in Blantyre uit te saai.

Die stasiebestuurder, ds. Amos Siyabu Phiri, het die konsep van luisteraarklubs suksesvol geïmplementeer. Hy het goeie beheer oor die stasie, asook die menigte luisteraarklubs wat onder sy leiding in afgeleë gebiede gestig is. Die luisteraarklubs vergroot FEBA se invloedsfeer in dié gebiede aansienlik.

Die afgelope Desember het ds. Amos en sy span die langverwagte FEBC Internasionale Leierskap Akademie bygewoon, waar verskeie onderwerpe soos “Die Realiteit van Leierskap”, “Die Geskiedenis en Etos van FEBC”, “Bevoegdheid en Karakter”, “Aanpassing by Leierskap style”, “Leierskap en Persoonlike Groei”, en vele ander oor ’n tydperk van vier dae bespreek is.

Dit het die Malawi-span effektief toegerus om hulself en hul gemeenskap te verbeter, en om hindernisse te oorkom terwyl hulle hul rolle in die bediening vervul.

Die span in Malawi verduur gereeld slegte toestande en vervolging wanneer hulle lang afstande reis om tyd saam met nuwe gelowiges en ongelowiges op hul pad deur te bring. Hulle maak vordering, een siel op ’n slag.

Dit is hoe FEBA in Malawi brûe bou na God se koninkryk deur gemeenskapsradio, een uitsending en een tree op ’n slag.

Jy kan help om hierdie God-aangestelde werk te laat groei deur die skakel te volg: febaradio.co.za/projects/

Kontak Ons

+27 (0) 12 335 5708

info@febaradio.co.za

www.febaradio.co.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 15/03/2023
Foto verskaf

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here