Artikelbron: biblesa.co.za
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika bied nou ’n nuwe leesplan aan, getiteld: Volhard in Jesus Christus. Hierdie 22-dag leesplan vertel die verhale van God as ons bron van hoop en waarom ons in Jesus Christus moet volhard in moeilike tye. Geniet u Bybelleesreis!
• Klik hier om hierdie leesplan op ons webwerf te volg, of
• Jy kan inteken op die BibleSA-app om daaglikse kennisgewings te ontvang.
Die leesplan deur Neville Turley dek die volgende onderwerpe:
• Werk vir Jesus
• Die krag van God se Woord
• Wen die prys
• Hulle het gegee wat hulle kon – deel I
• Hulle het gegee wat hulle kon – deel II
• Moenie alleen probeer klaarkom nie
• Ons almal word die een of ander tyd moeg
• Gee om vir jou arm familielede
• Jesus bring vreugde en blydskap
• Veertig dae wat die wêreld geruk het
• Die tweede kans-evangelie
• Op pad huis toe – deel I
• Op pad huis toe – deel II
• Ken jou vyand
• God laat alles ten goede meewerk
• Verkondig die evangelie
• ʼn Geskenk vir God
• Moenie toelaat dat vrees jou lewe oorheers nie
• Sy het gedoen wat sy kon
• Jou rol in God se plan
• Aan die brand vir die Here
• Ons Here Jesus kom gou
Wat dink jy?
Neem deel aan nuwe meningspeiling
Die BybelSA-span begin dink aan ʼn nuwe toepassing en wil ook graag weet wat jou behoeftes en idees is as ’n BybelSA-app-gebruiker.
Hulle nooi jou om hierdie opname te voltooi by surveys.enalyzer.com.
Iets vir die jongspan
Soos altyd is daar ook iets vir die jongspan.
Besoek gerus die afdeling vir die jongspan op BibleSA waar ʼn verskeidenheid Bybelstories oor Jesus se wonderwerke beskikbaar is. Die jongspan kan na die stories luister en ook die teks volg. Die oudio-opname van die stories is gedoen deur Driekie Olwage. Saam met elke storie is daar aktiwiteite om te doen.
Die stories wat gedek word is:
• Water word wyn
• Die amptenaar se seun
• Die man met die onrein gees
• Jesus maak baie mense gesond
• Die wonderwerk van die baie visse
• Die storie van die melaatse man
• Die Romeinse offisier se slaaf
• Die verlamde man en die gat in die dak
• Die man met die gebreklike hand
• Die weduwee se seun
Gaan loer gerus by biblesa.co.za
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 14/03/2023
Foto slegs vir illustratiewe doeleindes. Foto: unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.