Artikelbron: cvandaag.nl

 Bethel Music, een van die wêreld se gewildste aanbiddingsgroepe besoek Suid-Afrika vir slegs twee aanbiddingsaande – een in Pretoria (23 Maart) en een in Kaapstad (25 Maart).

Die gewilde spreker en leraar en die Redeemer Presbiteriaanse Kerk het onlangs die reeks, Gospel in Life, bekendgestel. In elke kort agtminutevideo van die reeks lig Keller temas in die Bybelboek uit wat na die Evangelie verwys en jou help om die oorkoepelende verlossingsverhaal in elke Bybelboek te ontdek.

Pankreaskanker
Keller is in 2020 met pankreaskanker gediagnoseer. Onlangs het hy op sy Facebook-blad gesê dat nuwe gewasse ontdek is en dat hy weer immunoterapie moet ondergaan. Hierdie terapie behels die gebruik van medikasie om die pasiënt se immuunstelsel te versterk sodat dit kankerselle kan herken, uitskakel en vernietig.

Klik hier om na die Facebook plasing te kyk: facebook.com

Suksesvolle immunoterapie
Keller, wat die stigter van die Redeemer Presbyterian Church in New York City is, het twee jaar gelede met chemoterapie begin. Hy het beklemtoon dat verlede jaar se immunoterapie baie suksesvol was, met 99% van die gewasse wat vernietig is. Nuwe gewasse het egter verskyn, wat dokters genoop het om nog ’n ronde immunoterapie aan te beveel.

Skenk ons elke dag U liefde’
Hy het vir gebed gevra: dat sy vertroue in God sterk sal bly en dat die Here se hand oor die mediese prosedure sal wees. In ‘’ vorige opdatering het Keller gedeel dat sy gebedslewe gedurende sy lydenstyd gefloreer het. Hy het verklaar dat hy en sy vrou, Cathy, dikwels vir mekaar sê dat hulle nou ‘n veel beter lewe lei, met verwysing na Psalm 90:14 wat lui: “Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees.”

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 14/03/2023
Foto slegs vir illustratiewe doeleindes. Kunswerk aangepas vanaf unsplash.com

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here