Geskryf deur: Radio Tygerberg 104FM
Artikelbron: Artikel verskaf
Bethel Music, een van die wêreld se gewildste aanbiddingsgroepe besoek Suid-Afrika vir slegs twee aanbiddingsaande – een in Pretoria (23 Maart) en een in Kaapstad (25 Maart).
Buiteligkonsert
“Ons doen dit dié keer anders – in die buitelug. In Kaapstad is ons by Meerendal Wynlandgoed buite Durbanville en in Pretoria by die Loftus Versfeld rugbystadion,.” vertel Hardus Zevenster, die uitvoerende hoof van Radio Tygerberg 104FM, GROOTfm 90.5 en Die GROOT Ontbyt.
Bethel Music, sing bekende liedjies saam
Hy het ook gesê dat die gehoor genoeg geleentheid gaan hê om saam te sing. “Bring dus jou stoel en die hele familie saam en kom aanbid ons Skepper onder die sterre.”
Jy kan jou piekniekkombers en rugstutstoeltjie (waarmee jy op die gras kan sit) nou reeds vooraf bestel. (Geen stoele met pote sal by die Meerendal-konsert in Kaapstad toegelaat word nie.)
Voorafverkope vir die Bethel Music-produkte is beskikbaar by www.itickets.co.za. Jy kan jou bestelling dan by die konsert gaan kry.
Koop jou kaartjie by itickets.co.za en gebruik die kode-woord “SA2023”.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 14/03/2023
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.