Geskryf deur: James Lasher
Artikelbron: www.charismanews.com

Ouerskap is nie maklik nie en om in hierdie tegnologie-gedrewe tye te lewe, bring unieke uitdagings mee.

Tog verander Bybelse beginsels nie met die tye nie. Om te verseker dat kinders verantwoordelik gehou word vir hulle verkeerde dade, is uiters belangrik omdat dit hulle lewenslesse oor reg en verkeerd leer.

’n Amerikaanse ma in die St. Louis-omgewing moes ’n situasie hanteer wat geen ouer wil oorkom nie: Sy het uitgevind dat haar seun ’n gruwelike misdaad gepleeg het.

Die 13-jarige seun, wie se identiteit nie deur die polisie bekend gemaak is nie, is een van twee verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle ds. Mike Coleman met ’n geweer gekaap het.

“Dit was sy ma wat bewus geword het van die voorval en haar seun toe aan die jeughowe oorgegee het om vervolg te word,” het kapt. Donnell Moore van die St. Louis Metropolitaanse Polisiedepartement gesê. “Ondersoekers werk steeds om die tweede verdagte op te spoor.”

Ds. Coleman is deur die twee seuns voor die Baptistekerk genader. Die gewapende seun het glo geëis dat ds. Coleman die voertuig en waardevolle items aan hom oorhandig.

Toesigkameras het die grootste gedeelte van die motorkaping afgeneem, insluitend die pastoor wat die seuns gehelp het om die motor aan te skakel.

“Ek wou nie nader aan hierdie ouens kom nie, maar ek het met hulle saamgewerk. Dit was duidelik dat daar geen manier was dat hierdie twee al voorheen ’n motor bestuur het nie.”

Ds. Coleman het aanskou hoe die twee in sy motor wegjaag en toe ’n entjie verder in twee ander motors vasry net om te voet van die toneel af te vlug.

Slegs ’n paar dae later het ds. Coleman ’n e-pos ontvang met ’n skakel om ’n hofverhoor by te woon. Dit is toe dat hy die jong man sien wat nou van roof aangekla word.

“Dit was surrealisties,” het ds. Coleman beweer.

Die seun se ma, wat as ’n verpleegster werk en in Florissant naby St. Louis woon, het uitgevind wat haar seun gedoen het en hom daarna by die polisie gaan verkla.

Ds. Coleman het die ma geloof vir haar optrede. “Ek prys haar daarvoor, want dit is waarskynlik die moeilikste ding, maar die beste ding, wat sy kan vir hom kon doen.” Het hy gesê.

Soos Spreuke 13:24 sê: Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is.” Om jou kind aan owerhede oor te gee om te betaal vir ’n misdaad wat hulle gepleeg het, kan nie maklik vir hierdie ma gewees het nie, maar dit is nodig en kan moontlik hierdie jong man ’n lewensreddende les leer en hom groter hartseer spaar.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 13/03/2023
Foto: Skermskoot van beeldmateriaal.

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here