Geskryf deur: Siphiwe Chris Mathebula 
Artikelbron: joynews.co.za 

Elke land het wette. Wette word nie gemaak om ons van ’n goeie lewe te ontneem nie, maar om ons te beskerm. “Geen mens is bo die wet nie en niemand is daaronder nie; ons vra ook nie enigeen se toestemming wanneer ons hom vra om dit te gehoorsaam nie.” – Theodore Roosevelt.

Laat ek begin deur ’n ietwat vreemde, maar ware stelling te maak. Dit word ook in die Bybel gestaaf – Die wet is goed.

’n Samelewing sonder wette is ’n chaotiese samelewing
Die doel van wet is orde en die doel van orde is die skepping van ’n veilige samelewing. ’n Veilige samelewing lei tot ’n bevorderlike omgewing vir mense om normale lewens te lei, vir besighede om te floreer en vir beleggings om te vloei. Niemand wil hulle hulpbronne belê waar daar onsekerheid en korrupsie is nie.

Vermybare ongelukke
’n Versperringslyn op die skouer van ’n pad ontneem jou nie van ’n beter lewe nie, dit is vir jou eie veiligheid. Dit beskerm jou teen ’n moontlike stilstaande voertuig wat jy weens die heuwel voor jou nog nie kan sien nie. Daardie wet is daar om jou te beskerm. Baie van die ongelukke op ons paaie kan toegeskryf word aan die manier waarop ons bestuur. Daar is gevolge wanneer ons die wet oortree. Soveel mense sterf elke jaar op ons paaie omdat ons nie goeie landsburgers is nie.

Suid-Afrika het byna dubbel die wêreldgemiddeld van padsterftes. Wat doen ons om hierdie hartseer toedrag van sake te verminder? Ons het ‘n verkeerde kultuur wat spog met spoed.

Die uitwerking van ons gedrag
As jy ’n polisiebeamptes sien wat nie in ooreenstemming met die gedragskode optree nie, meld hulle aan. Met hierdie gedragskode behoort ons ’n einde te sien aan omkopery. Daar is ’n behoefte aan sigbare polisiëring. Waar daar bewyse is dat die regering positiewe stappe neem om polisiëring te verbeter, laat ons hulle werk ondersteun.

Soos met soveel dinge in die lewe, kan klein veranderinge ’n beduidende uitwerking op die resultaat hê. ’n Goeie burger respekteer polisie en verkeersbeamptes, hou binne die spoedgrens, gehoorsaam verkeersligte, ensovoorts.

Onwettige bestuurslisensies
Wat van die koop van rybewyse? Hierdie praktyk plaas alle padgebruikers in groot gevaar, aangesien dit beteken dat hulle onwetend die pad met onbevoegde bestuurders deel.

Wees bedagsaam
Ons moet almal die effek van ons gedrag op ander oorweeg. Dit sluit in om nie in openbare plekke te rook nie, asook om openbare en private eiendom met respek te behandel. Dit is ons plig as toegewyde burgers om die reëls te volg. Kom ons inspireer mekaar om beter te doen.

SIPHIWE CHRISTOPHER MATHEBULA – Hoofleraar: Hope Restoration Ministries. Besoek hrm.org.za

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 13/03/2023
Foto slegs vir illustratiewe doeleindes. Kunswerk aangepas vanaf unsplash.com

VRYWARING

JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here