Artikelbron: cvandaag.nl
Daar is onlangs 20 mense by ’n universiteit in Amerika gedoop na aanleiding van ’n herlewingsbeweging wat op die kampus begin het.
Dit het alles vroeg in Februarie as ’n gewone kerkdiens op die Asbury Universiteit se kampus begin, maar het toe uitgebrei na ’n herlewing waar duisende Christene spontaan twee weke lank bymekaargekom het vir aanbidding en gebed.
Die uitstorting van God se Heilige Gees het sedertdien die harte en gedagtes van baie jongmense op geraak, berig CBN News. Die herlewing is ook aan die gang in talle van die kerke en tydens jeugdienste.
Een van die plekke waar so ’n plek uitstorting van God se Gees ervaar word, is Purdue Universiteit in West Lafayette, Indiana. By ’n onlangse byeenkoms het 300 studente kom kyk na die regstreekse uitsending van ’n gebedsdag wat deur Asbury Universiteit aangebied is.
Dr. Malachi O’Brien het verskeie foto’s op Twitter geplaas van studente in ’n swembad. Hulle het gedink hulle kom om drie mense te doop – maar in plaas daarvan het 20 mense na vore gekom om gedoop te word.
#asburyrevival TESTIMONY
🎙️Just received this in a text
At Purdue University CRU and Greek IVCF got together to watch and pray with the CDOP simulcast at Asbury … 300 students came! … they brought a swimming pool because they were going to have 3baptisms… instead they had… https://t.co/QIBS6P0EqF pic.twitter.com/U3webQiLot
— DrMalachi.eth – (Dr. Run) – Marathon Every Day (@malachiobrien) March 8, 2023
In ’n videoboodskap op Facebook doen evangelis Nick Hall ’n beroep op alle kerke om na die rolprent, Jesus Revolution, te gaan kyk omdat hy glo dit ’n “draaiboek” is vir hoe God herlewing na Amerika wil bring.
“God is aan die werk,” sê Hall in sy videoboodskap. “En wanneer God aan die werk is, moet jy net in harmonie bly met die Heilige Gees. Hou net jou gereed en sê: ‘Here, U wil. Doen wat net U kan doen.’ Ek glo dit is ’n oomblik van herlewing. Ek glo dat dit maar net die begin is. Ek glo ons staan voor iets nog groter. Ek dink waar mense ook al dors na meer, daar is God bereid om te beweeg.”
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
Datum gepubliseer: 13/03/2023
Foto ter illustrasie: unsplash.com
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.