Artikelbron: cvandaag.nl

Die sosialistiese Nicaraguaanse regering het tradisionele Goeie Vrydag-optogte verbied tydens Paasfees in ’n nuwe poging om die kerk in Nicaragua stil te maak.

Die verbod volg op die onlangse skuldigbevinding en 26 jaar tronkstraf van biskop Rolando Álvarez, wat die regering van die diktator Ortega gekritiseer het.

Die land het ’n sterk kultuur van openbare optogte en Christelike feeste, maar die regering poog nou om dit beperk tot in so ’n mate wat selfs nie tydens die ergste tye van die diktatuur in die 1980’s gesien is nie.

Volgens plaaslike bronne het polisiebeamptes van deur tot deur gegaan om mense persoonlik oor die verbod in te lig. Talle priesters het die hulle aktiwiteite en prediking beperk uit vrees vir beskuldigings van burgerlike ongehoorsaamheid. Priesters word vervolg en kerklidmate geïntimideer. Maria (skuilnaam), ’n Nicaraguaanse gelowige het in gesprek met Aid to the Church in Need gesê dat hulle weeklikse gebedsgroep deur ’n lid van die paramilitêre groep dopgehou is. “Hy was duidelik gewapen met ’n pistool onder sy hemp,” het sy gesê. Van die Rooms-Katolieke ordes is ook verhinder om skenkings te aanvaar om liefdadigheidswerk te verrig en vir die behoeftiges te sorg.

Ortega het nasionale veiligheidswette gebruik om baie van sy teenstanders, insluitend joernaliste en menseregtevoorstanders, in die tronk aan te hou. Reporters without Borders, ’n persvoorspraakgroep, het beweer Nicaragua het “feitlik geen onafhanklike media nie.”

Die Nicaraguaanse president het stemme van die opposisie meedoënloos stilgemaak en het 222 Nicaraguaanse burgers na die Verenigde State gedeporteer. Biskop Alvarez is in Augustus verlede jaar in hegtenis geneem en van aanhitsing van geweld, hoogverraad en die ondermyning van nasionale integriteit aangekla.

Die situasie is uitdagend vir Christene in die land, met baie wat vrees dat hulle priesters en kerkleiers gearresteer sal word. Ondanks die verbod vind Nicaraguaanse Christene nuwe maniere om hulle geloof uit te druk, soos deur gebed via Zoom, WhatsApp en sosiale media.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.


Datum gepubliseer: 12/03/2023
Foto: cvandaag.nl

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here