Geskryf deur: Cisca Badenhorst
Artikelbron: JUIG! Tydskrif

Radio Tygerberg 104FM het onlangs die eerste Mighty Men Kaapse Vlakte-byeenkoms aangekondig – ’n gratis geleentheid om mans van die bendegeteisterde gebiede op die Kaapse Vlakte te inspireer en te bemagtig. Hierdie besondere byeenkoms sal plaasvind op 1 November 2025 by die Athlone-stadion, met bekende evangelis Angus Buchan as hoofspreker. Ongeveer 25 000 mans word verwag om hierdie dag van hoop en transformasie by te woon.

Inisiatief ontstaan uit dringende nood
Die byeenkoms vorm deel van Radio Tygerberg se Healing the City- inisiatief, wat in 2024 ontstaan het na aanleiding van ’n berig dat 121 mense in net twee weke weens bende-geweld gesterf het. En dit was nie eens voorbladnuus nie. “Ons kon nie net voortgaan om berigte soos hierdie te lees, maar niks aan die saak te probeer doen nie,” sê Hardus Zevenster, uitvoerende beampte van die Bloudruk-groep, aan wie die radiostasie behoort. “Die geweld, die lewensverlies en die gebrokenheid op die Kaapse Vlakte het ons aangegryp.”

Geloofsgemeenskappe sluit hande
Die beplande Mighty Men-byeenkoms is onlangs aan kerk- en gemeenskapsleiers van die Kaapse Vlakte bekendgestel. Radio Tygerberg werk nou saam met hierdie leiers om maniere te vind om bendegeweld te takel. “Ons werk reeds ’n geruime tyd saam en ondersoek oplossings wat noodsaaklike hulp en ondersteuning kan bied aan diegene wat dit die nodigste het,” sê Rikus van Rooy, Radio Tygerberg-stasiebestuurder.

Mans word toegerus as leiers en vaders
Die Mighty Men Kaapse Vlakte-dag wil mans toerus om hul rol as leiers en pa’s in die gemeenskap op te neem. Angus Buchan, bekend vir sy kragtige boodskappe oor geloof en genesing, sê hy glo van harte dat die mans van Kaapstad die potensiaal het om hul gesinne en gemeenskappe na genesing en herstel te lei. “Deur Mighty Men Kaapse Vlakte, herinner ons mans aan hul Godgegewe doel en die positiewe impak wat hulle op ander in hul omgewing kan hê.”

MIGHTY MEN KAAPSE VLAKTE
Datum: 1 November 2025
Tyd: 14:00–21:00
Plek: Athlone-stadion, Kaapstad
Koste: Gratis, maar sitplekke moet bespreek word by iTickets.co.za

Luister ook Woensdagaande om 19:00 na Healing the City op Radio Tygerberg 104FM of op die Radio Tygerberg-toep. Luister gerus ook na die potgooireeks “Baanbrekers, Berge en Baardolie” op radiotygerberg.co.za wat fokus op verskeie onderwerpe wat mans raak.

Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.

 

> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.

 

Datum gepubliseer: 08/06/2025
Foto: Pastore en gemeenskapsleiers het by Athlone-stadion saamgetrek vir die bekendstelling van Mighty Men Kaapse Vlakte, wat op 1 November op dieselfde terrein sal plaasvind.

VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here