Geskryf deur: Jeremy Westgarth-Taylor
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Op die ouderdom van 40 was ek in die fleur van my lewe en ’n kranige fietsryer. Ek het oor die jare ’n hele paar pryse ingepalm. Maar soos tyd verloop het, het die pryse nie meer saak gemaak nie, ek het eerder fiets gery met die doel om fiks en gesond te bly. Ek was goeie vriende met Lindsay, ’n toegewyde Christen wat ernstig gestrem was en aan ’n rolstoel gekluister was.
Twee vriende op ’n tandem
Die gedagte het by my posgevat dat ons miskien saam kon fietsry op ’n tandem. Op sy eie sou Lindsay nie ’n gewone fiets kon beheer nie, maar op ’n tandem was ek daar om die fiets te stabiliseer. Ons het dit op ’n demonstrasie-model probeer – en wonder bo wonder kon hy die pedale trap! Lindsay het geblom, en ons ritte was die hoogtepunt van sy week.
Bonatuurlike ingryping
Ons het heelwat langafstandwedrenne aangepak, en was nogal kompeterend. Een probleem was egter dat Lindsay gereeld moes urineer. Dan moes ons stop, ek moes die fiets vashou, en iemand moes hom help af- en opklim. Gedurende ’n uitdagende fietswedren, vandag die Cape Town Cycle Tour, het ’n wonderwerk gebeur.
Niemand om te help nie
Chapmans Peak was gesluit en ons moes Ou Kaapse Weg uittrap. Ons het al vier ure gery en was albei uitgeput toe Lindsay sê hy kan nie meer uithou nie, hy moet dringend afklim. Daar was geen verversingstasie naby nie, en ook geen ander fietsryers in sig om te help nie. Toe ons egter om die laaste draai gaan, sien ek ’n man bietjie verder aan teen die kant van die pad.
God stuur ’n engel
Toe ons by die man uitkom, het dit gelyk of hy vir ons gewag het. Hy het presies geweet wat om te doen en ’n uitgeputte Lindsay afgehelp terwyl ek die tandem vasgehou het. Toe Lindsay klaar was, het hy hom weer teruggehelp op die fiets en sy fietsryskoene veilig vasgemaak. Ek kon weer begin trap vir die laaste, moeilikste gedeelte van die heuwel. Tot my verbasing kon ek voel hoe ons ’n baie harde hupstoot van agter kry om ons aan die gang te help. Toe ek omdraai om die man te bedank vir sy hulp was daar niemand nie. Ons het albei oombliklik besef dat die man in werklikheid ’n engel was. Daar is geen ander verklaring vir wat daardie dag gebeur het nie.
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 09/06/2025
Foto slegs ter illustrasie. Kunswerke aangepas uit
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.