Geskryf deur: TWR Africa
Artikelbron: JUIG! Tydskrif
Volgens Joshua Project, ’n organisasie wat godsdiens-affiliasies naspeur, is bykans 60% van Ethiopië se bevolking Christene, waarvan ongeveer 20% evangelies is. Die Afar-mense is woonagtig in die Horing van Afrika – hoofsaaklik in Ethiopië, maar ook in Djibouti en Eritrea.
Die Afar: ’n Moslem-meerderheid
“Die Afar-streek in Ethiopië is [grotendeels] ’n Moslem-gemeenskap,” verduidelik Ali Ibrahim*, ’n vervaardiger van TWR se program, The Way of Righteousness. “Christene is verreweg in die minderheid in hierdie streek.” Daar word beraam dat slegs een uit elke 10 000 van die 2,85 miljoen Afar-mense evangeliese Christene is. Nietemin, danksy die genade van God is dit nou besig om te verander deur die krag van die Heilige Gees.
‘In vervoering oor Jesus’
Oor die afgelope twee dekades het die aantal Afar-gelowiges gegroei van ’n dosyn na honderde, sê Caleb*, wat vroeër ’n radiobediening gehad het, maar steeds betrokke is. “Weerstand is besig om te versag bloot as gevolg van die persoon van Jesus Christus. Hulle is in vervoering oor Jesus; hulle sien die positiewe, tasbare verandering in hul midde en wil daarom méér weet.”
Van geleerde tot gelowige
Ali Ibrahim, eens ’n Islamitiese godsdienstige geleerde, het begin om die Bybel met sy Koran te vergelyk nadat hy ’n Arabiese Bybel ontvang het van werkers van World Vision en die Ethiopiese Lutherse Kerk. “In die Bybel is dit ’n liefdesverhaal, ’n verhaal van vergifnis,” het Ibrahim gesê. Hierdie vergelyking het hom diep geraak en hom daartoe gelei om sy lewe aan Jesus Christus toe te wy, ten spyte van toenemende uitdagings. “Om lid van die Afar-gemeenskap te wees kan uitdagend wees, veral as jy ’n Christen is,” het Terefe, die programdirekteur, gesê. “As jy ’n Christen is, móét jy die plek verlaat.”
Lering deur die radio
In Addis Abeba vervaardig Ibrahim Afar-radioprogramme, waarin hy Skrifgedeeltes van Arabies na Afar vertaal (Moslems vertrou Skrif wat in Arabies gelees word). Ten spyte van oproepe dat hy gevange geneem of doodgemaak moet word, besoek hy steeds die Afar-streek om die Christengemeenskap te help groei.
13 lewens gered
Vroeg in sy radiobediening het ’n groep van 13 luisteraars heftig op sy programme gereageer. Hulle was van mening dat die Christene hul streek ontwrig. Een van hulle, ’n soldaat, het egter om meer inligting gevra. Hy het tot geloof gekom en Ibrahim het hom gedoop. Hierdie soldaat is vandag ’n lekeprediker. Mettertyd het al 13 van daardie groep vir Jesus as verlosser aangeneem.
’n Teiken op sy rug
Ibrahim het ’n teiken op sy rug. Ander media het waarskuwings gerig en die publiek gemaan om nie na hom te luister nie. “Hulle het my naam oral gepubliseer en mense oorgehaal om my dood te maak of gevange te neem waar hulle my ook al sou vind.” Wanneer hy na die streek reis, ontdek Ibrahim geheime Christene wat deur sy radiobediening tot bekering gekom het. Daar is geen openbare kerkgeboue nie, maar gelowiges vergader in woonhuise, verbloem as Moslems. Ibrahim onderrig hulle in die basiese beginsels van Christenskap en het reeds vele van hulle gedoop. Hy voorsien ook nuwe gelowiges van oudio-Bybels.
Geheime operasies en bekeringe
Caleb beskryf die Afar-gelowiges se algemene geloofsopvatting as “voor-Pinkster” en dat hulle tot wedergebore moet word. Die geheime aard van hulle werk maak dit moeilik om die aanvaarding van die Woord te meet, maar hulle evalueer luisteraars se betrokkenheid op diskrete maniere.
Uitsaai oor grense heen
God se genade is sigbaar. Benewens Afar, saai TWR ook in verskeie ander tale uit vanaf senders in Eswatini. Hierdie uitsendings dien as ’n lewensbelangrike skakel waardeur mense in die mees afgeleë en moeilik-bereikbare gebiede van die wêreld bereik word. Geheime volgelinge van Jesus Christus ontvang deur hierdie uitsendings geestelike voeding en broodnodige bemoediging.
GETUIENIS
“Ek luister sedert 2023 na hierdie program [The Way of Righteousness]… My pa het Jesus aangeneem en dit met die gesin gedeel. Vandaar het ons, in die geheim, Jesus Christus saam met ander medegelowiges gevolg. Alhoewel hulle my van Jesus vertel het, het u program God se liefde vir my meer volledig verduidelik.” – ’n Afar-luisteraar
VAT HANDE MET ONS
Vat hande met ons in ons missie om nie net die Afar-mense te bereik nie, maar ook miljoene Islamitiese individue in die Horing van Afrika.
Om die Goeie Nuus van Jesus Christus deur die radiobediening te verkondig, word moontlik gemaak deur die skenkings van ons ondersteuners. Oorweeg dit asseblief om hande te vat met TWR om die Evangelie te verkondig:
Transworld Radio South Africa
Standard Bank | Rekening: 011932945
Tak: 011545 | Verwysing: JUIG + jou naam
011 974 2885 | info@twrafrica.org | twrafrica.org
Klik hier om OP HOOGTE van die nuus te bly deur op ons GRATIS weeklikse nuusbrief in te teken.
> Ondersteun asseblief Christen-media en -joernalistiek in Suid-Afrika. Help ons om die Woord van God te verkondig en standpunt in te neem vir die waarheid deur ’n skenking aan ons bediening te maak. Ons waardeer jou ondersteuning. Klik hier om hande te vat met JUIG! Tydskrif.
Datum gepubliseer: 07/06/2025
Foto slegs ter illustrasie.
VRYWARING
JUIG! Nuus is ’n Christen-nuusportaal wat vooraf gepubliseerde artikels deur skrywers van oral in die wêreld beskikbaar stel. Die skakel en oorspronklike bron van elke artikel word verskaf en die skrywer van elke artikel word ook aangedui (waar moontlik). Hoewel ons ook baie van ons eie artikels publiseer wat deur JUIG! se eie joernaliste geskryf is, skep ons nie uitsluitlik ons eie inhoud nie. Enige sienings of menings wat op hierdie webtuiste verskyn, is uitsluitlik dié van die skrywer en verteenwoordig nie noodwendig dié van die maatskappy nie.